ANNARÉ SPIES

Default profile image
ANNARÉ SPIES

Blog#3.5

28 Nov 2021, 13:06 Publicly Viewable
  1. Verduidelik kortliks wat sistiese fibrose is en hoe dornase-alfa werk om die probleem op te los.

Sistiese fibrose is ʼn genetiese metaboliese siekte (ʼn verlaagde DNase 1 ensiem teenwoordig) wat lei tot verlaagde sekresies in verskillende organe maar wat meer sigbaar is in die lugweg. Die mukus wat ontstaan is dik en taai.

Dornase-alfa hidroliseer die proteïene in die brongiale mukus wat sodoende veroorsaak dat die mukus meer vloeibaar is en makliker verwyder kan word.

  1. Verduidelik kortliks wat neonatale respiratoriese noodsindroom is, wat die algemene behandeling strategieë behels en hoe kortisoon en eksogene surfaktante werk om die probleem op te los.

Dit is die afwesigheid van die oppervlakaktiewe stof wat die lugweg bedek en noodsaaklik is vir gaswisseling, dit veroorsaak dat die longe kan platval m.a.w. atelektasis.

Behandeling sluit in: suurstof toediening om oksigenering te verseker. Ventilator vir positiewe druk in die longe. Geneesmiddels soos eksogene surfaktant en kortikosteroïede toe te dien.

Kortikosteroïede word profilakties aan die moeder toegedien voor kraam, dit inisieer die baba se surfaktant.

Eksogene surfaktant word profilakties of tydens akute respiratoriese noodsindroom aan die neonaat toegedien om die longsurfaktant aan te vul. Die mortaliteit en die langtermyn suurstof behoefte word verlaag.

  1. Wat is die rol van suurstofterapie by neonatale respiratoriese noodsindroom?  Wat behels die gevare van suurstof toksisiteit?

Die rol van suurstofterapie is om oksigenering te verseker. Positiewe druk verbeter respirasie en hou die alveoli oop en verhoed kollabering. Die toediening van suurstof verhoed hipoksie.

Suurstof toksisiteit veroorsaak verminderde gaswisseling, hipoksie en selfs dood, by neonate kan dit ook retinale skade en blindheid veroorsaak.

  1. Verduidelik kortliks wat neonatale apnee is en hoe die metielxantiene werk om die probleem op te los.  Watter metielxantiene word gebruik?

Neonatale apnee is wanneer die asemhalingsentrum in die brein nog nie volledig ontwikkel is om asemhaling te stimuleer nie.

Metielxantiene word gebruik omdat dit die SSS naamlik die asemhalingsentrum stimuleer.

Metielxantiene soos kaffeïen en teofillien IV word gebruik.