Sistiese Fibrose is ‘n genetiese metaboliese siekte (afname in DNase 1) wat lei tot verlaagde sekresies in verskeie organe. Die ergste simptome is sigbaar in die lugweë. Mukus is dik en taai en die liggaam het nie die vermoë om dit op te ruim nie. Hierdie taai mukus lei tot herhaaldelike bakteriële infeksies.
Dornase-alfa (rhDNase) word as inhalasieterapie toegedien. Dis ‘n baie nuwe en duur behandeling, dit hidroliseer die proteïene in brongiale mukus en maak dit sodoende meer vloeibaar.
Neonatale respiratoriese noodsindroom staan ook bekend as hialienmembraan siekte. Kom by premature babas voor. Oppervlakaktiewe stof wat lugweë bedek en noodsaaklik is vir gaswisseling, word eers kort voor geboorte gevorm. Longe kan dus platval-(atelektasis) → dood. Intensiewe monitering van respiratoriese en sirkulatoriese status noodsaaklik.
Kortikosteroïede soos betametasoon –word ook profilakties aan moeder voor kraam toegedien om baba se surfaktant produksie te inisieer.
Suurstofterapie verseker oksiginering en verhoog die suurstofvlakke in die bloed wat die makliker maak om asem te haal. Verhoogde suurstof oor lang termyn lei tot retinale skade en blindheid.
Neonatale apnee kom by pasgebore en premature babas voor. Die asemhalingsentrum in die brein is nog nie volledig ontwikkel om voordurende asemhaling te stimuleer nie. Apnee met bradikardie duur langer as 15 sekondes en kom herhaaldelik voor. Kan lei tot hipoksie en neurale skade. Metielxantiene bv. Kaffeïen, teofillien IV vir enkele weke. Dit stimuleer die SSS.