By siektetoestande soos hipertensie en hartversaking, omrede daar ‘n oor aktiwitweit van renien-angiotensien-aldosteroon sisteem (RAAS) is.
Angiotensien is n potente vasokonstriktes en verhoog dus bloeddruk, daarom kan dit lei tot hipertensie. Angiotensinogeen word vermeerder deur kortikosteroiede, tiroied hormone, estrogeen en angiotensien II. Wanneer angiotensien II aan die angiotensien II reseptore bind lei dit tot die vrystelling van aldosteroon en ADH, wat dus ook bloeddruk kan verhoog en kan lei tot hipertensie.
Die spanning wat die hipertensie op die hart plaas kan lei tot hartversaking. Verhoogde angiotensienvlakke lei ook tot ‘n vergrootte hart a.g.v. ventrikulêre hipertrofie wat kan aanleiding gee tot hartversaking.
Angiotesienreseptore agoniste rem die angiotensienreseptore selektief en het n direkte effek op slegs die angiotensienstelsel. Die angiotensien-omskakelingsensiem (ACE) remmers, rem non-selektief en is verantwoordelik vir die omskakeling/ metabolisme van bradikinien na sy onaktiewe metaboliete toe. Dit lei tot n verhoogde konsentrasie bradikinien wat dan kan lei tot n droё hoes as newe effek. Selektiewe reseptor remmers het minder nadelige effekte.
AOE-remmers het n werkings meganisme op twee plekke:
AOE-remmers inhibeer die omskakeling van angiotensin I na angiotensin II. Dit verhoed dus die vorming van angiotensin II. Angiotensien I is onaktief en het dus geen effekte nie. Die afwesigheid van angiotensien II verhoed dus die verhoging in NE afskeiding, aldosteroon, Na heropname en ADH. Dit voorkom om ook vasokonstriksie en lei tot n verlaging in bloeddruk.
AOE- remmers inhibeer die omskakeling/ metabolisme van bradikinien na sy onaktiewe metaboliete toe, dus bly bradikinien ‘n potente vasodilator. Dit verhoog ook prostaglandiene sintese wat lei tot vasodilatasie en dit lei tot n verlaging in perifere vaskulere weerstand wat dan aanleiding gee tot n verlaging in bloeddruk.
Losartan en soortgelyke middels is selektiewe kompeterende antagoniste van angiotensin AT1-reseptore, hulle werk dus in op die angiotensien II reseptore, wat gevind word in die vaskulêre gladdespier, die bynier en die brein. Hulle het n direkte inwerking op die AT1 reseptore (inhibeer RAAS direk), maar n indirekte inwerking op AOE. Hierdie middels inhibeer vasokonstriksie en lei tot vasodilatasie as gevolg van die bradikinien vlakke, wat dus lei tot n verlaging in bloeddruk.
Kiniene speel hoofsaaklik n rol in die kardiovaskulêrestelse. Dit lei tot n verlaging in bloeddruk as gevolg van kapillêre deurlaarbaarheid, die fisiologiese effek is dus arteriole dilatasie en veneuse kontraksie.
Ja, outakoïede soos prostaglandiene speel ook n rol, weens die vrystelling daarvan wanneer bradikinien geaktiveer word.
Die bradikinien 1 en bradikinien 2 reseptor antagonis.
Natriuretiese peptiede het vasodilatoriese effekte vanweё hul verhoging in glomerulêre filtrasie en natriumuitskeiding, verlaging in renienvrystelling, verlaging in natriumherabsorpsie en hul verlagende effek van angiotensien en aldosteroon. Dit lei dus tot n verlading in bloeddruk. Nesiritied (BNP) kan iv toegedoen word vir ernstige hartversaking, omdat dit n kort t12 het en vinnig gemetaboliseer word.
Neprilisien is die neutrale endopeptidase verantwoordelik vir afbraak van natriurese peptiede in niere, lewer en longe. Neprilisien inhibeerders verhoog die sirkulerende vlakke van die natriuretiese peptiede wat natriurese en diurese tot gevolg het en lei tot vasodilatasie. Dit het ook ander effekte wat die hartuitwerp en perifere weerstand verlaag en sodoende die spanning op die hart verlig.
Sacubitril is die neprilisien inhibeerder wat gebruik word.
In leereenheid 1 was daar gestel dat die angiotensien-reseptor antagonis, Valsartan, in kombinasie met Sacubitril (Entresto) gebruik kan word vir behandeling van hartversaking.
Neprilisien verhoog die beskermende natriuretiese peptiede terwyl valsartan die beskadigende effekte van n ooraktiese RAAS sisteem onderdruk.
Vasodilatore: PGI2 & NO, prostasiklien en endotolien antagonis bosentan
Vasokonstriktore: (ETA) - ET1, ET2, ET3