JO-ANN ANNANDALE

Default profile image
----------

Blog #3

4 Mar 2021, 17:33 Publicly Viewable

Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed?  Wat is die kliniese belang hiervan?

Barbiturate se absorpsie en verspreiding word beïnvloed deur die herdistribusie van die middel vanaf die brein na ander weefsel toe, bv. Tiopentoon wat narkose induseer, hoogs lipiedoplosbaar en sodoende maklik versprei vanaf die bloed na die brein, maar weer vinnig uit die brein beweeg en verder versprei na vetweefsel. Die vorming van ‘n depot vind plaas sodat verdere verspreiding kan plaasvind.

Bensodiasepiene se absorpsie word beïnvloed deur hul lipofilisiteit. Hoe meer lipofilies; hoe vinniger is hul aanvangswerking.

Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?

Herdistribusie is waar die middel opgeneem word, maar nie dadelik daarna geëlimineer word nie, maar eers versprei na ander dele van die liggaam naamlik vetweefsel of spiere.

Die belang van herdistribusie is dat die eliminasie halfleeftyd verleng word en sodoende verleng nie werkingsduur van die middel.

Hoe word die BD’e gemetaboliseer?  Gee die verskillende stappe in die proses.

  1. Dealkilering (Aktiewe metaboliet word gevorm)
  2. Oksidasie (CytP450: aktiewe metaboliet vorming)
  3. Konjugasie (Fase 2 van metabolisme) van geoksideerde metaboliet met glukuronsuur om onaktiewe metaboliete te vorm.

Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel?  Wat is die belang hiervan?

Diasepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied en Ketasolam (meer lipofilies).

Wanneer BD’e omgeskakel word na aktiewe metaboliete, verleng dit die eliminasie halfleeftyd van die middels –  >40h. Soos wat die hoeveelheid middel in die liggaam bly, akkumuleer die middel en veroorsaak verdere geneesmiddelwerking wanneer die gewenste effekte reeds bereik is.

Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P450 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie?  Wat is die voordele hiervan?

Oksasepam, Lorasepam, Temasepam, Lormetasepam (minder lipofilies).

Die voordeel hiervan is dat die BD’e dien as keusemiddels wanneer CytP450 aktiwiteite vertraag is, bv. In bejaardes, neonate, lewersirrose en terapie met P450 ensiemremmers (simetidien, ketokonasool, eritromisien, fluvoksamien).

Wat is ensieminduksie?  Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor?  Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?

Ensieminduksie verwys na ‘n middel wat die produksie van ‘n spesifieke ensiem verhoog. Soos wat die middel ensiemwerking induseer, verhoog die metabolisme van die middel en die konsentrasie van die middel in die sistemiese sirkulasie neem af. Dit lei tot ‘n verlaging in die terapeutiese werking van die middel.

Fenobarbitoon, ‘n barbituraat wat gebruik word vir epilepsie, lei tot ensieminduksie.