THEA VISAGIE

Default profile image
----------

Blog #5

8 Mar 2021, 15:12 Publicly Viewable
  • Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
    • Etanol ondergaan zero orde kinetika in die liggaam. Dit beteken dat dieselfde hoeveelheid alkohol ‘n ander effek gaan het op elke individue. Die absorpsie van die alkohol gaan afhang van faktore soos ‘n person se liggaamsmassa en geslag.

  • Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
    • Etanol word gemetaboliseer deur twee ensiem sisteme, naamlik: Alkoholdehidrogenase en Mikrosomale etanol oksidase.
    • Alkoholdehirogenase: Lae en matige hoeveelhede. Beperkte hoeveelheid NAD. Zero-orde kinetika (7-10g/h) Ongeag die hoeveelheid ingeneem bly die tempo van afbraak konstant.
    • Mikrosomale etanol oksidasie (Gemengde funksieoksidase): Hoër konsentrasies (>100mg/dL). MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruk, kan geïnduseer word, gedeeltlik verantwoordelik vir toleransie. Die eindproduk wat vorm is asetaldehied. Opeenhoping van asetaldehiedlei tot naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duiseligheid.

  • Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
    • Disulfiram, Metronidasool, Hipoglisemiese GMs, Kefalosporiene.
    • Dit onderruk aldehied dehidrogenase met die gevolg dat asetaldehied ophoop en nie gemetaboliseer word nie.