CHRISTINE STEYN

Default profile image
----------

Blog #7

10 Mar 2021, 21:47 Publicly Viewable

Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? 

  • Lamotrigine
  • Topiramaat
  • Okskarbasepien
  • Karbamasepien
  • Fenobarbitoon
  • Fenitoïen

Interaksie van anti-epileptiese middels met orale kontrasepsie middels kan lei tot ‘n afname in die serum-konsentrasie vlakke van die kontrasepsie middels en dit kan ‘n onbeplannede swangerskap veroorsaak, sowel as deurbraak bloeding.  Orale kontrasepsie middels kan ‘n afname in die beheer van toevalle en toksisiteit veroorsaak.

Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

  • Vigabatrin
  • Leviterasetam
  • Gabapentin
  • Pregabalin

Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed?

Neonate:

Middels word stadiger gemetaboliseer.

Baba’s en kinders:

Middels word vinniger gemetaboliseer in vergelyking met volwassenes.

Bejaardes:

Middels word stadiger gemetaboliseer en moet dus laer dosisse ontvang.

In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

  • Om te monitor vir enige newe-effekte
  • Wanneer die die hoeveelheid toevalle / konvulsies nie afneem nie
  • Tydens swangerskap
  • Bejaarde pasiënte
  • Moontlike geneesmiddel interaksies
  • Om moontlike aanpassings te maak ten opsigte van pasiënt se dosis