Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Anti-epileptiese middels wat die pil beinvloed: Fenobarbitoon, Phenytoin, Carbamazepine, Oxcarbazepine en Topiramate.
Die middels verminder die Pil se effektiwiteit en kan lei tot onbeplande swangerskap.
Anti-epileptiese middels wat veilig is om te gebruik: Valproaat, Lamotrogine, Gabapentin, Leviterasetam en Vigabatrin.
Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
Neonate het n stadiger metabolisme. Fenobarbitoon is keusemiddel by neonate en kinders.
Babas en kinders het n vinniger metabolisme as volwassenes.
Bejaardes se metabolisme is stadiger. Daar is n vermeerdere insidensie van sentraal senuwee stelsel toksisiteit, verlaagde renale funksie dus onderdruk dit opruiming van vigabatrin en gabapentin. Daar bestaan ook n verhoogde risiko vir hiponatremie met oksarbasepien, karbamasepien.
In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
Valproaat verminder metabolisme van Fenitoien, Fenobarbitoon en Lamotrigine. Plasmavlakke moet gemoniteer word om optimale terapie aan pasient te gee.