Amantadien is ‘n Metaffinoied potensieerder van dopamien wat die vrystelling van dopamien verhoog asook die sintese daarvan verhoog. Dit blokkeer ook die dopamien heropname, tree ook op as ‘n NMDA antagonise n adenosine A2-antagonis wat die D2-reseptorfunksie inhibeer. Dit het ook ‘n anticholinergiese en antivirale effek.
Dopamien word nie opgeneem nie of gemetaboliseer nie; daarom bly die dopamien konsentrasie hoog.
Ergotderivate: Broomkriptien
Nie-ergotderivate: Pramipeksool en Ropinirool
Broomkriptien: D2
Pramipeksool: D3
Ropinirool: D2
Pramipeksool (Rasagelien en Selegilien)- hierdie GM’s is selektiewe MAO-B inhibeerders. Hierdie beteken dat die GM’s help om die afbraak en die verlies van neurone te verhoed, dit beskerm die neurone.
Dopamien se metabolisme word onderdruk en die dopamien vlakke word in die SSS verhoog, neurobeskermende middel en verlaag siekte progressive.
KOMT-remmer metaboliseer l-dopa na 3OMD, verhoogde plasmavlakke van 3OMD swak terapeutiese respons met l-dopa, want 3OMD kompeteer met l-dopa vir aktiewe transportprosesse. KOMT-remmers verleng werkingsduur van l-dopa, verlaag perifere metabolisme en verbeter biobeskikbaarheid.
Istradefillien is ‘n adenosine A2a-antagonis en hierdie werking blokkeer die D2-reseptorfunksie wat die dopamien verlaag. Daarom moet die adenosine geblok word sodat die D2 nie geblok word nie wat dan ‘n verhoging in dopamien veroorsaak.
Safinamide het twee werkingsmeganisme naamlik, dit verhoog die dopamien aktiwiteit en dit verlaag die glutamaat vrystelling. Die dopamien aktiwiteite veroorsaak dat dopamien nie heropgeneem word nie asook ‘n potente omkeerbare inhibisie van MAO-B.