HILDE LAING

Default profile image
----------

blog #5

31 Mar 2021, 20:32 Publicly Viewable
  1. Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Vinnige absorpsie en verspreiding, want dit is hoogs lipofilies. Piekvlakke word bereik binne 30 min tydens ‘n vastende toestand.  Volume van distribusie is afhanklik van die totale liggaam water (0.5-0.7 L/kg). Die ekwivalente orale dosis van vrouens is laer as in mans, want vrouens het minder liggaamswater as mans. 90% van die etanol word gemetaboliseer in die lewer en die res in die longe en uriene. Volwassenes metaboliser 7-10g/h.

  1. Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanol metabolisme.

Etanol metabolisme vind plaas volgens 2 ensiemsisteme. Die 2 sisteme is Alkoholhidrogenase (zero- orde kinetika) en MEOS (gemengde funksie oksidase). Die eindproduk van etanolmetabolisme is asetaldehied.

1. Alkoholdehidrogenase: Lae en matige hoeveelhede

Beperkte hoev. NAD (ko-ensiem): zero-orde kinetika, (7 – 10 g/h). Ongeag die hoeveelheid ingeneem bly die tempo van afbraak constant.

2. MEOS = Mikrosomale etanol oksidasie (Gemengde funksie oksidases) hoër konsentrasies (>100mg/dL)

MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik, kan geinduseer word, gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie. Eindproduk = Asetaldehied. Opeenhoping van asetaldehied lei tot naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duisligheid.

  1. Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

GM:

  • Disulfiram
  • Metronidasool
  • Kefalosporiene
  • Hipoglisemiese GM’s

Effekte:

Die geneesmiddels inhibeer asetaldehied en veroorsaak ‘n opeenhoping van asetaldehied in die liggaam wat verhoed dat die alkohol gemetaboliseer kan word en veroorsaak die volgende :

  • Naarheid
  • Hoofpyn
  • Hartkloppings
  • Blosing / gloede
  • Duiseligheid