ZELDA DU PISANIE

Default profile image
----------

Blog #13

3 May 2021, 17:54 Publicly Viewable

Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Litium se werkingsmeganisme word deur Litiumione bemiddel en beïnvloed die cAMP, IP3 en DAG 2de boodskappersisteme deur verskeie ensieme wat belangrik is vir die omskakeling en hersirkulasie van die mebraanfosoinositiede te verminder. Die IP3 en DAG is wee belangrik in monoamine en cholinergiese neurotransmissie.

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Litium het ‘n baie klein terapeutiese indeks van tussen 0.5 – 1.5mM en indien dit meer as 2mM is kan dit toksies wees. Dit beteken dat ‘n doseering waar die plasmavlakke van litium onder 0.5mM is, nie ‘n effek sal lewer nie (subterapeutiese vlak), maar met plasmavlakke bo 2mM is die doseering toksies vir die pasiënt. Dus moet dit streng gemonitor word om potensiële newe-effekte wat fataal kan wees, te vermy.

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Litium word gebruik as enkelmiddel in die profilaktiese behandeling virakute maniese episodes, sowel as bipolêre steurnis. 

Litium kan gekombineer word met antidepressante as ‘n gemoedstabiliseerder vir erge depressiewe episodes sowel as aanvangterapie met SSRi’s om die maniese episodes te verhoed

Litium kan ook saam met valproaat gebruik word indien daar geen verbetering is by monoterapie nie.

Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

  1. Toksiese effekte: in kombinasie met middels wat lei tot ‘n elektroliet wanbalans/versteuring soos diuritikums (tiasiede), NSAIM (ibuprofen), ACE I (Enalapril), fluoksitien (SSRI).
  2. Verlaagde effektiwiteit a.g.v. verhoogde renale uitskeiding: in kombinasie met teensuurmiddels (Na-bikarbonaat), teofillien, kaffeïen
  3. Neurotoksies: in kombinasie met karbamasipien, Ca-blokkers, losartan,metieldopa, metronidasool en fenitoïen.

Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

  • SVK newe-effekte: naarheid, braking, diarree
  • KVS: verlengde QT (kardiotoksies)
  • Neurologiese: tremore, sedasie, ataksie, afasie, spierswakheid, moegheid, polidipsie, poliurie, nokturie
  • Ander: nefrogene diabetes insipidus, tiroïedvergroting, leukositoses, edeem, massatoename, aknee, alopesie, seksuele disfunksie

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Dit is ‘n kategorie D middel wat beteken dat dit lewensbereigende effekte op die fetus kan he aangesien die middel na die plasenta oorgedra (sowel as in borsmelk dus gekontraindukeer) word, dus moet die middel baie streng gemonitor word.

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

  • Mania
  • Skisofrenie
  • Depressie

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Sy ervaar die volgende newe-effekte: sedasie, massatoename, dors, bewerig en naarheid. Haar bloedplasmavlakke is 0.8mmol/L wat in die terapeutiese indeks val. Sy het Camcolit gebruik wat litiumkarbonaat is, wat sy gemeng het met Indocid, wat in NSAIM is. Hierdie 2 middels in gekontraindukeer aangesien dit die litium konsentrasie verhoog en lei tot litium toksisiteite wat gesien kan word deur haar simptome van haar gewigstoename, moegheid en sedasie, tremore, bewerigheid en haar dors (polidipsie).

Daarna, het sy waterpille geneem wat ‘n diuretiese effek veroorsaak wat ook gekontraindukeer is met litium en verdere litium toksisiteite veroorsaak het naamlik moegheid en sedasie, tremore, bewerigheid en haar dors (polidipsie).

My aanbevelings sal weer om dadelik enige NSAIM en diuritikum behandelinge te stop om verdere newe-effekte te keer. Sy kan of haar huidige doseering verlaag na slegs een keer per dag, of moontlik van geneesmiddel verskuif na bv. Valproaat of karbamasepien aangesien hulle albei ook gemoedstabiliseerders is.

Brand, L. Prof.  2021.  Study Unit 9: Anti-psychotic Drugs and Lithium.  Unpublished lecture notes on efundi, FKLG 312.  Potchefstroom: NWU.  [PowerPoint presentation]