JULIE DE KLERK

Default profile image
----------

Blog#11

11 May 2021, 23:33 Publicly Viewable

Blog #11

    • Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

Alifatiese en piperdienverbindings: Lae potensie,min EPS (ekstra-piramidale effekte). Mense ervaar erge sedasie, gewigtoename en sterk anti-cholienergiese effekte. Ervaar ook strek alfa-litiese effekte en die middel is ook kardiotoksies.

Piperasienderivate: Hoë potensie. Meer EPS. Swakker anti-cholinergiese effekte en alfa-litiese effekte, die middels is minder sederend en het minder kardiovaskulêre newe-effekte.

    • Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Dit blok die mesolimbiese Dopamien 2 reseptore.

    • Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Atipiese middels bind meer aan die Serotonien 2A reseptore as aan die Dopamien 2 reseptore. Die middels is multipotente antagoniste (ook inverse agoniste). Bind aan die 5-HT-2 reseptore.

Tipiese middels is multipotent kompeterende antagoniste. Blok DA2 eerder as 5-HT-2.

    • Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Die dopamien-2 reseptore.

    • Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Die Fenotiasiene, Piperasienderivate, om rede hul hoë potensie wat meer EPS tot gevolg het.

    • A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Muskariniese reseptore.