Berei ‘n kort “lesing” voor, van nie langer as 5 minute (200 woorde) nie, waarin jy vir ‘n kliënt moet verduidelik wat pyn is, wat dit kan veroorsaak, hoekom verskillende mense pyn verskillend ervaar en wat algemeen belangrike beginsels van pynhantering en verwysing behels. Die bogenoemde twee videos sal ook van hulp wees.
Volgens Brand, L (2021) word pyn beskryf beskryf as ‘n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potensiële weefselskade.
Volgens Johns Hopkins Medicine, kan pyn bestendig, brand, kloppend, steek, knyp of seer of op baie ander wyses beskryf word. Pyn kan talle fisiese simptome ook tot gevolg kan hê soos naarheid en duiseligheid. Emosionele effekte soos woede depressie kan ook te voorskyn kom. Pyn kan tot in so ‘n mate voor kom dat dit die persoon se daaglikse lewenstyl, werksomgewing, verhoudings en afhanklikheid beïnvloed.
Johns Hopkins Medicine brei verder uit en verduidelik dat pyn geklassifiseer kan word as akuut (ernstig en kort van duur en is gewoonlik ‘n aanduiding dat die liggaam ‘n besering opgedoen het) of chronies (wissel van matig tot ernstige pyn en presenteer vir langer periodes).
Coghill (2003) glo dat meeste individuele verskille in pyn ervaring toegeskryf kan word aan die kombinasie van kognitiewe faktore soos die emosionele toestand van die pasiënt, of vorige pyn ervaring in die verlede asook die verwagting van pyn.
Pyn kan behandel word op verskeie metodes. Vir matige pyn kan nie-voorgeskrewe medikasie gebruik word. Ander sterker pyn medikasie en anestesie kan ook gebruik word. Sommige pasiënt kan leer om met pyn saam te leef, deur middel van afleiding, meditasie, ontspanning, yoga of kognitiewe gedragsterapie (Davis, D, Karen (June 2014)).
Bronnelys:
1. Brand, L. 2021. Pyn. Leergedeelte 11. Unpublished Lecture notes on eFundi. [PowerPoint Presentation]. Study Unit 11, FKLG 312. Potchefstroom, NWU.
https://www.hopkinsmedicine.org/pain/blaustein_pain_center/patient_care/what_is_pain.html#:~:text=Pain%20is%20an%20uncomfortable%20feeling,times%20it%20can%20be%20debilitating Date of access: 23 May 2021
3. Science daily - Coghill. (June 24, 2003) Brain Imaging Confirms That People Feel Pain Differently. [Online] Available at: https://www.sciencedaily.com/releases/2003/06/030624090043.htm#:~:text=Coghill%20believes%20that%20most%20individual,experienced%2C%20and%20expectations%20about%20pain. Date of access: 23 May 2021.
4. Davis, D, Karen. (June 2014) TED. How does your brain respond to pain? [Online] Available at: https://www.ted.com/talks/karen_d_davis_how_does_your_brain_respond_to_pain#t-1200%C2%A0 Date of access: 23 May 2021.