S JOUBERT

Default profile image
----------

BLOG #2

27 May 2021, 15:28 Publicly Viewable
  1. Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?

Dis die onvermoë om gebeurtenisse te onthou wanneer hierdie middels in jou sisteem is (geheuverlies). Middels wat die veroorsaak is Triazolam en Temazepam.

  1. Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt
    • BD’e verlaag die tyd om aan die slaap te raak, en verhoog die totale slaaptyd van n patient.
    • By hoë dosisse verlaag dit REM slaap en dit verlaag NREM (fase 4) slaap ook

Die gebrek aan rem slaap sal irriteerdheid, angstigheid en kan ook depressive by n pasiënt veroorsaak

  1. Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik.  Kan jy verduidelik hoekom?
  • Barbiturate; Natriumtiopentoon en Tiopentoon
  • Bensodiasepiene; Diasepam, Lorasepam en Midasolam

Die middels veroorsaak anterograde anestesie wat pasiënte help om gebeurtenisse soos operasies te laat vergeet

  1. Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?

Fenobarbitoon, Klonasepam, Klobasam

  1. Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?

Dit inhibeer polisinaptiese reflekse

  1. Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.

Wanneer die medulla oblongata teveel onderdruk word kan dit respiratoriese en/of kardiovaskulêre onderdrukking/depressive veroorsaak wat tot die dood sal lei