Hello everyone!
My name is Larise Swanepoel and I am from Virginia in the Freestate. I am a Student/Educator Assistant at Riebeeckstad Primary School. I am always open to learn new things since we are never to old to learn!
My passion for teaching came from my mother who is also a teacher in the Intermediate Phase. My first career choice wasn't teaching... but I don't regret studying B. Ed. I love children and I enjoy working with them and helping them where I can. I want to inspire them and motivate them to follow their dreams. They are our future after all. ✨
I am very excited about LSKM 221 since it is about music in the Foundation Phase. I love music and our grade 1 class enjoys singing and dancing to music. Before they go home, we would put on a music video for them to dance to. Unfortunately for me "Apples and Bananas" will be stuck in my head the whole afternoon... but I enjoy seeing them happy and excited.
Good luck to everyone this semester.
Hoe voel ek en hoe was my week?
Op die stadium voel ek uitgeput en op. My week was rof en ek hol rond soos ‘n af kop hoender… maar ek het oorleef!
Wat het my leer hierdie week belemmer?
Ek was in my mentor se klas ingedruk en moes klas gee vir die week omdat sy moes isoleer, so dit het my leer bietjie belemmer. Ek het ook tennis afrigting gehad sowel as Voortrekkers waar ek laat by die huis aankom.
Watter nuwe bewusmaking het ek in hierdie leereenheid oor musiek ervaar?
Ek het ervaar dat musiek nie net bestaan daaruit om na musiek te luister nie, maar dat daar verskillende elemente van musiek is wat saamwerk om musiek so genotvol te kan maak.
Individuele refleksie
1. Ek sal definitief “contemporary” musiek in my klaskamer gebruik omdat dit modern musiek is en die nuwe generasie vining vorder wat tegnologie aanbetref. Kinders is altyd opsoek na iets nuuts, daarom sal dit die perfekte tipe wees. Musiek is “fun” en kan net bydra tot hierdie “fun” element in die klas.
2. Ja definitief! Ek het baie by Leereenheid 2 geleer. Ek is mal oor musiek oor die algemeen, maar daar is baie elemente wat ek nie eers aan gedink het nie. Verskillende toonhoogtes, ritmes en selfs die verskillende Westerse en Afrika instrumente was vir my baie interessant gewees om van te leer. Ek het ook gehou van die “youtube” videos waarna ons kon kyk oor die verskillende instrumente.
3. Volgens my is daar niks wat aan Leereenheid verander moet word nie. Die inligting was maklik verstaanbaar en interessant, selfs lekker om deur te werk.