EMENY SCHOEMAN

Default profile image
----------

Blog#2.5

16 Sep 2021, 14:43 Publicly Viewable

Daar was bevind dat fluvoksamien op sigma-1 reseptore, hieride reseptore kom voor op imuun selle. (Covid-19 Treatment Guidelines). Die binding van hierdie geneesmiddel op die reseptore veroorsaak ‘n afname in die produksie van sitokiene. (Covid-19 Treatment Guidelines). Piper (2021) vertel dat die teorie oor wat gebeur met pasiënte wat Covid het is dat die virus die selle in die longe beskadig en daardie selle stel dan sitokiene vry wat dan inflammasie in die longe veroorsaak en dus newe effekte het soos byvoorbeeld sukkel om asem te haal. Sitokiene is pro-inflammatories en stimuleer dus die imuunsisteem (FKLG slide 8, LE 2.5) wat dus aanleiding gee tot die inflammasie. Verskeie kliniese studies by Universiteite Virginia asook McMaster Universiteit was gedoen en daar was bewyse dat fluvoksamien help by die behandeling van Covid-19 waar pasiënt uitkoms baie beter was as byvoorbeeld mense wat dit nie geneem het nie. (Piper, 2021).

Volgens my opinie is daar ‘n moontlikheid om fluvoksamien te gebruik by behandeling omrede dit baie sal help by die inflammatoriese aspek van Covid-19 want dit verminder die produksie van sitokiene en dus ‘n afname in die inflammatoriese respons. Maar daar is nog baie kliniese proewe wat gedoen kan word om die veiligheid en effektiwiteit te toets vir die gebruik van fluvoksamien vir Covid-19.

COVID-19 Treatment Guidelines Panel. National Institutes of Health. https://www.covid19treatmentguidelines.nih.gov/therapies/immunomodulators/fluvoxamine/

Piper, K. 2021. How a cheap antidepressant emerged as a promising Covid-19 treatment. https://www.vox.com/future-perfect/22619137/fluvoxamine-covid-ivermectin-together-study-mcmaster