1. Kortikosteroïede, skildklierhormone, esterogeen, angiotensien II, in swanger vroue en vrouens wat orale voorbehoedmiddles gebruik wat esterogeen bevat, verhoog die produksie van angiotensienogeen. Die implikasies van verhoogde angitensienogeen vlakke word met noodsaaklike hipertensie geassosieer.
2. Die RAAS- stelsel word meer spesifiek geteiken deur dwelms wat die angiotensienogeen stelsel inhibeer, as die angiotensien reseptore wat vroeër op die RAAS-stelsel inwerk. Die angiotensien reseptorblokkers verlaag die bloeddruk, deur bloedvate te dilateer sodat die hart makliker bloed pomp. Angiotensien veroorsaak dat bloedvate kontrakteer en dit veroorsaak dat die hart harder moet werk om effektief te pomp.
3. ACE-I: Inhibeer die omskakeling van angiotensien I na angiotensien II, dus kan dit gebruik word om hipertensie te behandel. Dit verminder dan ook die natrium- en waterherabsorpsie. Dus sal die bloeddruk afneem en die hart werk harder om effektief te pomp.
AOE-I: Bradikinien katabolisme word geïnhibeer en veroorsaak vasodilatasie, wat ook die perifêre weerstand verminder. Dus sal die bloeddruk afneem en die hart werk herder om effektief te pomp.
4. Losartan en soortgelyke middels tree selektief op, op AT-1 reseptore. AT-1 reseptore is 'n subtipe angiotensien reseptor. Indien die middels oor 'n langtydperk gebruik word, word die renien vrylating geïnhibeer en dit verhoog die sirkulerende angiotensien II vlakke. 'n Verhoogde stimulasie van AT-2 reseptore is ook moontlik en dus het hierdie middels 'n indirekte effek op AT-2 resptore. Losartan het 'n groter affiniteit vir AT-1 resptore, as vir AT-2 reseptore. Die middels veroorsaak vasokonstriksie en aldosteroonafskeiding.
5. Kiniene is sterk vasodilatore, veroorsaak edeem, sametrekking van die gladde spiere, pyn en hiperalgesie deur die C-vesels te stimuleer. Die vrystelling van NO, PGE2, PGI1, Kalsiummobilisasie, Chloriedvervoer, die aktivering van Fosfolipase C en Fosfolipase A2. Die dien as tweedeboodskappers in die seintransduksiestelsel.
6. Bradikinien 2 reseptore is die meeste betrokke by die belangrike kliniese effekte van kiniene.
7. Natriuretiese peptiede (ANP en BNP), speel 'n groot rol in kardiovaskulêre homeostase. Hul eienskappe sluit vasodilatasie, diurese, natiurese en die remming van hartvervorming in. Dus kan natiuretiese peptiede moontlik effektief wees in die behandeling van hipertensie en kongestiewe hartversaking.
8. Neprilisien is 'n ensiem, dit word gekodeer deur die MME- geen en metaboliseer ANP en BNP. . Neprilisien blokkers is 'n nuwe klas medikasie en word gebruik in die behandeling van hipertensie en hartversaking. Die middels blokkeer Neprilisien en voorkom dat natiuretiese peptiede nie afgebreek word nie. Middels byvoorbeeld, Valsartan en Sacubutril.
9. Vasodilatore: Vasomera, VIP, Stof P, CGRP
Vasokonstriktors: NPY