MEGAN STRYDOM

Default profile image
----------

Blog #3.5

4 Nov 2021, 14:56 Publicly Viewable
  • Verduidelik kortliks wat sistiese fibrose is en hoe dornase-alfa werk om die probleem op te los.

Sistiese fibrose is ’n genetiese defek wat aanleiding gee tot verminderde sekresies in verskeie organe.  Die manifestasie in die lugweë is die mees prominente en problematiese simptoom.  In die lugweë is die mukussekresies besonder dik en taai wat die ideale omgewing vir bakteriële infeksies skep.  Die herhalende infeksies veroorsaak aanhoudende chemotakse van neutrofiele wat dan met disintegrasie DNS in die mukus deponeer wat dit nog taaier maak.  Die mukus word nou byna onmoontlik om op te ruim en ’n bose kringloop van taai mukus en verdere infeksies ontstaan.

Dornase-alfa (rhDNase I) hidroliseer ekstrasellulêre DNS vanaf die neutrofiele in die brongiale mukus om sodoende die vloeibaarheid daarvan drasties te verbeter.  Dit is verwant aan die natuurlike ensiem deoksieribonuklease I (Dnase I) wat normaalweg deur pankreas- en speekselkliere geproduseer word.

  • Verduidelik kortliks wat neonatale respiratoriese noodsindroom is, wat die algemene behandelingstrategieë behels en hoe kortisoon en eksogene surfaktante werk om die probleem op te los.

Neonatale respiratoriese noodsindroom staan ook as hialienmembraansiekte bekend.  Die oppervlakaktiewe stof wat die respiratoriese eenheid van die lugweë bedek word eers in die laaste weke van swangerskap gevorm.  Wanneer babas te vroeg gebore word, is hierdie oppervlakaktiewe stof nog nie gevorm nie, sodat gaswisseling belemmer is en die longetjies ook kan plat val.  Behandeling moet spoedig volg om die premature baba se lewe te red.

Die behandeling sluit in:

Monitering:

Die intensiewe monitering van respiratoriese en sirkulatoriese status is noodsaaklik.

Oksigenering, kontinue positiewe lugwegdruk:

Suurstof (by kamertemperatuur met lug vermeng) word toegedien ten einde oksigenering te verseker.  ’n Kontinue positiewe druk (soos met ’n ventilator verkry) verbeter respirasie en hou die alveoli oop om kollabering te verhoed.  Dit is van kritiese belang dat die arteriële parsiële suurstofdruk voortdurend gemonitor word.

Voldoende suurstof is ’n basiese vereiste vir normale respirasie.  Terapeuties word dit algemeen toegedien om hipoksie (vanweë verskeie oorsake) om te keer of te verhoed.  Wanneer verhoogde suurstof in oormatige hoeveelhede en/of oor ’n te lang tydperk geïnhaleer word, het dit egter toksiese effekte. Paradoksaal veroorsaak suurstof­toksisiteit onder andere verminderde gaswisseling, hipoksie en, in uiterste gevalle, die dood.  By neonate kan dit verder retinale skade en blindheid veroorsaak.

surfaktante word by kamertemperatuur eksogeen (met behulp van 'n kateter tot in die longe) profilakties of tydens akute respiratoriese noodsindroom aan die neonaat toegedien om longsurfaktant aan te vul.  Eindelik word die mortaliteit en langtermyn-suurstofbehoefte verlaag.  Hierdie terapie is egter relatief duur en gespesialiseerd.

'n Kort kursus kortikosteroïede is ook effektief om endogene surfaktantproduksie aan te help en is 'n goedkoper alternatief as die eksogene surfaktant.  Wanneer die baba lewensvatbaar is en daar ’n dreigende miskraam is, kan dit profilakties toegedien word. Sistemiese toediening van betametasoon aan 'n moeder net voor kraam, kan neonatale endogene surfaktantproduksie binne 24 ure induseer.

  • Wat is die rol van suurstofterapie by neonatale respiratoriese noodsindroom?  Wat behels die gevare van suurstoftoksisiteit?

​​​​​​​

Suurstof (by kamertemperatuur met lug vermeng) word toegedien ten einde oksigenering te verseker.  ’n Kontinue positiewe druk (soos met ’n ventilator verkry) verbeter respirasie en hou die alveoli oop om kollabering te verhoed.  Dit is van kritiese belang dat die arteriële parsiële suurstofdruk voortdurend gemonitor word.

Voldoende suurstof is ’n basiese vereiste vir normale respirasie.  Terapeuties word dit algemeen toegedien om hipoksie (vanweë verskeie oorsake) om te keer of te verhoed.  Wanneer verhoogde suurstof in oormatige hoeveelhede en/of oor ’n te lang tydperk geïnhaleer word, het dit egter toksiese effekte. Paradoksaal veroorsaak suurstof­toksisiteit onder andere verminderde gaswisseling, hipoksie en, in uiterste gevalle, die dood.  By neonate kan dit verder retinale skade en blindheid veroorsaak.

  • Verduidelik kortliks wat neonatale apnee is en hoe die metielxantiene werk om die probleem op te los.  Watter metielxantiene word gebruik?

​​​​​​​

Neonatale apnee ontstaan wanneer die asemhalingsentrum in die medulla van die premature baba nog nie voldoende ontwikkel het om voortdurende asemhaling te stimuleer nie.  Die asemhalingsentrum is dus nog onsensitief vir die stimulerende effek van koolsuurgas.  Apnee duur telkens tipies langer as 15 sekondes en gaan ook gepaard met bradikardie.  Herhaalde episodes van apnee met hipoksie kan eindelik tot neurale skade lei.

Metielxantiene, in besonder kaffeïen en teofillien, stimuleer die sentrale senuweestelsel en intraveneuse toedienings van hierdie geneesmiddels help gewoonlik om die probleem op te los.  Terapie word egter gewoonlik so gou moontlik gestaak – gewoonlik na enkele weke in intensiewe sorg.  Die neonaat ontvang dan ook suurstof­terapie en die suurstofvlakke in die bloed word voortdurend gemonitor.