Dit is ‘n genetiese deffek wat lei tot vermindering van sekresies in organe waarvan nie lugweë die meeste aangetas word. Die mukus sekresie is dik en taai en dus ‘n goeie plek vir bakteriële infeksies om te ontstaan. Hierdie infeksies gee aanleiding tot chemotakse van neutrofiele na lugweë wat dan ook d.m.v disintegrasie DNS in die mucus gaan deponeer. Die deponering veroorsaak dat die mukus nog dikker en taaier word en so ontstaan daar net weer infeksie. Dornase-alfa (rhDnaseI) gaan die eksrasellulêre DNS op die neutrofiele hidroliseer wat so die vloeibaarheid van die brongiale mukus verbeter
Wanneer ‘n baba te vroeg gebore word is die respiratoriese eenheid van lugweë nog nie bedek met die oppervlakaktiewe stof nie, dit vorm eers in laaste weke van swangerskap. Omrede die oppervlakaktiewe stof nie teenwoordig is nie belemmer dit gaswisseling en die longe val plat. Dit is belangrik of so vinnig as moontlik die baba te behandel. Suurstof wat kamertmperatuur en met lug gemeng is word toegedien om oksigenering te verseker. ‘n Kontinue positiewe druk word bewerkstellig sodat respirasie verbeter is en aveoli oop bly. Intensiewe monitering van respiratoriese en sirkulatoriese status is noodsaaklik. Eksogene surfaktante vul die longsurfaktant aan dit verlaag motaliteit en langtermyn-suurstof behoefte. Kortisoon is effektief om endogene surfanktantproduksie aan te help.
Dit word toegedien om hipoksie om te keer of the verhoed. Suurstoftoksisiteit kan ontstaan as suurstof in oormaat en/of vir ‘n langtydperk geïnhaleer word. Hierdie kan lei tot verminderde gaswisseling, hipoksie en in uiterste gevalle dood. By neonate kan dit ook retinale skade en blindheid veroorsaak.
Dit ontstaan wanneer die asemhaling sentrum in die medulla nog nie voledig ontwikkel is by ‘n premature baba nie, so voordurende asemhaling stimulering vind nie plaas nie. Metielxantiene stimuleer die sentrale senuweestelsel en die wat gebruik word is kaffeïen en teofillien.