HANNES NIEUWOUDT

Default profile image
----------

Blog#2

1 Mar 2021, 16:25 Publicly Viewable

1) Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?

Anterograde amnesie is die onvermoe om gebeure wat plaasvind tyden die middel se werkingsduur te kan onthou. Middels wat dit veroorsaak is hoofsaaklik die bensodiasepiene.

2) Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op normal slaap patrone en verduidelik wat is die belang daarvan vir pasiente.

Effekte wat plaasvind by langtermyn gebruik van bensodiasepiene op slaapkwaliteit is as volg; Bensodiasepiene verminder die tyd om aan die slaap te raak en verhoog die totale slaap tyd van die pasient. Dit verhoog die duur van fase 2 NREM. Bensodiasepiene het 'n klein verminderende effek op REM slaap, maar teen groter dosisse verminder dit wel die REM slaap. Bensodiasepiene verminder ook die duur van fase 4 NREM slaap. Zolpidem bv. verminder die REM slaap en het 'n kleinder effek op SWS ("slow wave sleep).

'n Gebrek aan voldoende REM slaap lei tot mense wat angstig is en geiriteerd is.

3) Watter van die sedatief-hipnotiese middels word as aanvullende terapie in anestesie gebruik? KAn jy verduidelik hoekom? 

Barbiturate en MIDASOLAM, DIASEPAM, LORASEPAM.

4) Watter van die sedatief-hipnotiese middels word gebruik as anti-konvulsante?

Hoe dosisse barbiturate en sekere bensodiasepiene wat selektiewe anti-konvulsiewe effekte het soos, FENOBARBITOON, KLONASEPAM, KLOBASAM, DIASEPAM, LORASEPAM.

5)Wat is die meganisme van skeletspier verslappende effekte van sommige karbamate en die bensodiasepiene?

Karbamate en bensodiasepien everoorsaak skelet spier verslapping deur 'n inhibitoriese effek uit te oefen op die polisinaptiese reflekse en die internunikale transmissie, sowel as die onderdrukking van transmissie by skelet neuromuskulere aansluitings-teen hoe dosisse-

6)Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die respiratoriese en kardiavaskulere stelsel.

Toksiese effekte van 'n oormaat gebruik, van veral bensodiasepiene, kan lei tot medulere onderdrukking en uiteindelik die dood. Daar is steeds betekenisvolle onderdrukking in pulmonere siektes en kardiovaskulere ondedrukking in kardiovaskulere siektes by terapeutiese dosisse (kom meer voor by die toediening hiervan as 'n IV dosis)