Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?
Versteurde kognitiewe en motoriese vaardighede, insluitend maar nie beperk tot verswakte geheue, belemmerde hand-oog koordinasie, atraksie en vertraagde reaksietye.
Middels wat dit kan veroorsaak is meestal bensodiasepiene:
Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.
Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik. Kan jy verduidelik hoekom?
Lorasepam, Diasepam, Midasolam.
Die middels het sterk sedatiewe en amnetiese effekte, en word gebruik as premedikasie voor operasies aangesien dit kalmerende effek sal he, asook die pasient se geheue van die volgende gebeure sal verswak.
Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?
Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?
Die bensodiasepien geneesmiddel bind aan die bensodiasepien setel op die GABA-reseptor en inisïeer dan op ‘n:
Metaktoide wyse: Die verhoging in FREKWENSIE van Chloorkanaalopening.
Metaffinoide wyse: Die verhoging in reseptor AFFINITEIT vir dir GABA oordragstof
Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels
Hierdie middels kan medulêre en respiratoriese despressie veroorsaak wat selfs kan lei tot die dood indien ‘n dosis wat die minimum toksiese konsentrasie behaal, toegedien word. Dit is weens die BD’e se werking op die GABA reseptore wat lei tot sterk spierverslapping van die onwillekeurige spiere, insluitend die intercostale spiere, wat dit moeilik maak om asem te haal.