ARINA JUYN

Default profile image
----------

Blog #3

3 Mar 2021, 08:15 Publicly Viewable

Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed?  Wat is die kliniese belang hiervan?

Absorbsie:

Lipofiliteit en vetoplosbaarheid (Zolpidem, Triasolam en Zaleplon is hoogs lipofilies en het dus ‘n vinnige aanvangswerking. Minder lipofiliese middels soos Lorasepam en Okasepam gaan langer vat om te begin werk)

Verspreiding:

Hepatiese metabolisme by lewerinkorting (moeiliker afgebreek, verlengde werking), kinders, ou mense, alkoholiste en CYP450 inhibeerders, SSRI’s, pomelosap, fenitoien, ketakonasool, simetidien kan die vlakke van BDe verhoog tot tokasiese effekte.

Hoe word die BD’e gemetaboliseer?  Gee die verskillende stappe in die proses.

Bensodiasepiene word stapsgewys gebiotransformeer deur lewermikrosomale ensieme onder normale omstandighede. Die stappe is as volg:

  1. Dealkilering (Aktiewe metaboliete)
  2. Oksidasie (Sit P450: aktiewe metaboliet)
  3. Konjugasie (Fase 2) van geoksideerde metaboliet met glukuronsuur om onaktiewe metaboliet te vorm.

Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel?  Wat is die belang hiervan?

Diasepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied en Ketasolam ondergaan al 3 die metabolisme stappe en vorm aktiewe metaboliete wat die middels se werkingsduur verleng.

Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P45 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie?  Wat is die voordele hiervan?

  • Okasepam
  • Lorasepam
  • Temasepam
  • Lormetasepam

Sitochroom P450 betrokke is by die metabolisering van baie stowwe. Aangesien ‘n groot verskeidenheid middels met verskillende indikasies, beinvloed word deur CyP450, beteken dit dat hierdie geneesmiddels mekaar se vlakke en werking indirek kan affekteer. Wat voordelig is van die boonste middels is dat hulle nie noodwendig gekontra-indikeerd sal wees met geneesmiddels wat wel deur CyP450 gemetaboliseerd word nie. Dus sal hierdie BDe die keusemiddels wees vir wanneer ‘n pasient in sulke gevalle.

Wat is ensieminduksie?  Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor?  Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?

Ensieminduksie is die toename in biosintese van ensieme as gevolg van chemise middels of fisiese kondisies. Aangesien die werking van die ensieme verhoog, sal die fisiologiese prosesse wat deur daardie ensiem se werking geaffekteer word, toeneem/afneem (afhangend van die ensiem se doel in daardie proses). Indien ‘n pasient se kondisie positief geaffekteer sal word dankseg ‘n toename van ‘n spesifieke ensiem se werking, (en dus ‘n verlaging in die stof wat deur die ensiem gekataliseer word), kan ‘n geneesmiddel wat daardie ensiem sal induseer gebruik word.