ANNECKE BOTHA

Default profile image
----------

#BLOG 5

7 Mar 2021, 15:06 Publicly Viewable
  1. Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Etanol ondergaan zero-orde kinetika. Etanol word vining deur die liggaam geabsorbeer en versprei. Wanneer ʼn persoon vastend is sal die alkohol binne 30 minute die piek bloed alkohol konsentrasie (BAC) bereik. Volume van distribusie speel ook ʼn rol in die verspreiding van die alkohol in die liggaam. Die konsentrasie van alkohol in die SSS styg baie vining, omdat die SSS voorsien word met baie bloed en dus sal daar met aanhoudende inname van alkohol ʼn toename in die BAC wees.

  1. Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.

Etanol ondergaan metabolisme in die liggaam. Hierdie metabolsime vind plaas deur twee ensiem sisteme nl. 1. Alkoholdehidrogenase en 2. Mikrosomale etanol oksidasie(MEOS).

By alkoholdehidrogenase is daar ʼn beperkte hoeveelheid ko-ensiem NAD en dit veroorsaak dus dat daar ʼn zero-orde kinetika dan plaasvind. Dit beteken dat ongeag hoeveel ingeneem word, dat die tempo van die afbraak konstant gaan bly. Dit is belangrik om te weet dat daar dan met alkoholdehidrogenase lae en matige hoeveelhede ingeneem moet word.

By MEOS verhoog die aktiwiteit deur chroniese gebruik, en dit is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie.

Albei 1 en 2 maak die eind produk : Asetaldehied wat verdure metabolisme ondergaan.

  1. Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
  • Disulfiram
  • Metronidasool
  • Hipoglisemiese geneesmiddels
  • Kefalosporiene.

Hierdie geneesmiddels onderdruk aldehied dehidrogenase met die gevolg dat die asetaldehied ophoop en nie gemetaboliseer word nie. Opeenhoping van asetaldehied lei tot naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duiseligheid.