ANNECKE BOTHA

Default profile image
----------

#BLOG 6

7 Mar 2021, 16:34 Publicly Viewable
  1. Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

Mikrosomale etanol oksidasie (MEOS) aktiwiteit verhoog met die chroniese gebruik van alkohol en kan geïnduseer word en dit is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie teenoor alkohol.

  1. Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
    • Daars ʼn progressiewe verlaging in lewerfunksie, hepatitis & sirrose kan plaasvind.
    • Beskadiging van die lewerfunksie is erger by vrouens as mans.
    • Daar is ʼn verlaging in glukoneogenese wat aanduiding gee tot hipoglukemie en vetakkumulasie, nutriëntgebreke dra ook by tot die bogenoemde.
    • Daar is verhoogte aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme.

  1. Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

Dit is die sindroom wat gepaard gaan met neurologiese skade aan die onderste gedeelte van die brein, thalamus en hipotalamus. Hierdie sindroom kan ontstaan deur die tekort van tiamien- Vitamien B1. Die sindroom veroorsaak chroniese geheue steernisse. Simptome van die Wernicke-Korsakoff-sindroom is: Verwarring, paralise van gesigspiere en  ataksie.

Parenterale tiamien kan toegedien word om permanente breinskade te voorkom.

  1. Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Dit is die sindroom wat voorkom by ʼn baba van ʼn ma tydens die chroniese alkoholgebruik van die ma gedurende haar swangerskap. Die fetus in die uterus was heeltyd blootgestel aan die alkohol. Teratogeniese effekte kom voor by hierdie sindroom. Die sindroom sluit seker kenmerke in soos: verstandelike vertraging, mikrokefalie, groeigebreke, karakteristieke onderontwikkeling van die middelste gesigarea.

  1. Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

By chroniese alkoholgebruik verhoog metaboliese transformasie van ander geneesmiddels waarby akute alkoholgebruik is daar ʼn verlaagde metabolisme van middels, bv. Fenotiasiene, TAD’e e.a. sedatief-hipnotika middels.

  1. Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
  1. Parasetamol
  2. Bloeddruk verlagende middels
  3. Vasodilatore
  4. Hipoglisemiese middels.