MARNÉ Nel

Default profile image
----------

Blog # 2

14 Mar 2021, 15:57 Publicly Viewable

Blog 2:

  1. Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?

Anterograde amnesia is wanneer n pasiënt geheue verlies ervaar met die gebruik van Bensodiasepiene. Dit het ook n effek op die leerproses en veroorsaak dat die pasiënt nie kan onthou wat hulle geleer het nie). Voorbeelde van die middels is Triasolam (tot ‘n groter mate) en Temasepam (tot ‘n mindere mate).

  1. Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.

Die gebruik van Bensodiasepiene verminder die tyd wat dit pasiënte neem om aan die slaap te raak. Deur dit te doen word die totale slaap wat die pasiënt inkry verleng. Dit is belangrik om ingedagte te hou dat dit nie n pasiënt wat nie geen slaap probleme het se slaaptyd verder sal verleng as hulle reeds meer as 6 ure se slaaptyd het. BD veroorsaak n klein verminder effek op REM slaap, maar met hoër doserings word REM slaap verminder. Dit verminder dus die duur van fase 4 NREM en verleng die duur van fase 2 NREM. Toleransie ontwikkel na 1-2 weke se gebruik en Zolpidem verminder ook REM slaap maar het min effek op slow wave sleep.

Behandeling van insomnia met goeie slaap-higiene is van kardinale belang by pasiënte aangesien dit pasiënte se totale slaaptyd sal verleng en hulle lewenskwalitiet daardeur sal verbeter omdat hulle minder moeg sal wees deur die da gen beter sal kan funsioneer.

  1. Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik en hoekom?

Geheueverlies kan voordelig wees vir pasiënte wat traumatiese operasies moet ondergaan. Middels wat as aanvulldende terapie in anestesie gebruik word is: Barbiturate, Misasolam, Diasepam, Lorasepam.

  1. Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?
  • Diazepam
  • Lorazepam
  • Fenobarbitoon
  • Klonasepam
  • Klobasam.  

  1. Wat is die MVW van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?

Lede van die karbamate (meprobamaat) en BDé het remmende effekte op polisinaptiese reflekse. By hoe dosisse kan realaxation of verslapping voorkom.

GABA-A word gepotensieer wat lei tot die opening van die chloride ioonkanaal dit lei tot hiperpolarisasie en veroorsaak inhibering van die postsinaptiese potensiaal. (IPSP) en onderdrukking van die skeletspier word dus onderdruk.

  1. Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.

Kan respiratoriese depressie veroorsaak in pasiente met pulmonere siektes.

Respiratoriese depressie is die hoofoorsaak van dood by pasiënte wat n oordosis van sedatiewe hipnotika neem.

By beide die kardio vaskulere en respiratpriese  stelse sal ʼn hoër dosis, hoër onderdrukking veroorsaak.