MARNÉ Nel

Default profile image
----------

Blog # 5

14 Mar 2021, 19:45 Publicly Viewable

1. Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis  hiervan is.

Etanol word vining in die liggaam geabsorbeer en versprei weens die lipofilitiet daarvan. Vastende piekvlak word binne 30-minute bereik en die piekvlak van vrouens is meer as die van mans aangesien vrouens minder liggaams water as mans het. Die volume van distribusie is gelyk aan die totale liggaams water (0.5-0.7 L/kg). 90% van metabolisme van alcohol vind in die lewer plaas en die res vind plaas in die longe en niere (10%)

2. Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.

Metabolisme van alkohol vind plaas deur 2 verskillende ensiemsisteme naamlik alkoholdehidrogenase en MEOS.

Alkoholdehidrogenase lae en matige hoeveelheid ko-ensiem (7 – 10 g/h) en ondergaan dus zero orde kinetika.

MEOS (gemengde funksie oksidases) hoër konsentrasies ko-ensiem (>100mg/dL). Die aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik en kan geinduseer word. Dit is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie. By beide metaboliese weë is die eindproduk asetaldehied.

3. Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporiene  en Hipoglisemiese geneesmiddels kan die metabolisme beinvoeld deur die onderdrukking van aldehied dehydrogenase ensiem wat asetaldehied ophooping veroorsaak en gevolglik nie gemetaboliseer word nie.