LARA NAUDÉ

Default profile image
----------

Lara Naudé (31648959)

29 Apr 2021, 17:58 Publicly Viewable

#Blog 11

  • Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

Alifatiese syketting

bv: Chloorpromasien

  • Dit het 'n lae potensie menende dat dit nie baie EPS effekte sal hê nie.
  • Dit het erge sedasie effekte,
  • strek anticholonergiese effekte
  • sterk alpha-litiese effekte
  • En dit kan kardiotoksies wees. tagikardi kan voorkom. 

Piperidien syketting. 

bv: Perisiasien

  • Lae potensie met min EPS newe-effekte. 

Piperasienderivate syketting

bv: flufenasien.

  • Hoë potensie wat erge EPS newe-effekte het. 
  • swakker anticholinergiese newe-effekte
  • minder sedasie
  • minder kardiovaskulêre newe-effekte.

 

  • Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Dopamien 2 reseptore in die mesolimbiese bane. 

  • Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Tipiese middels: dit blokkeer gewoonlik die dopamien 2 reseptore. Die fenotiasien is 'n multipotente kompeterende antagonis en dit blok dan ook muskariniese, cholinergiese en histamien reseptore. Dit behandel gewoonlik die positiewe simptome soos delusie en hallusenasie ens. 

Atipiese middels: Dit blokkeer die 5-HT 2A reseptore meer as wat dit die dopamien 2 reseptore sal blok. 

  • Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

dopamien 2 reseptore. 

  • Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

haloperidol omdat dit 'n hoë potensie het en 'n hoë affiniteit het om aan die D2 reseptore te bind. Indien 'n middel 'n hoë potensie het sal dit meer EPS newe-effekte tot te wee bring. 

  • A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Die blokkade van die muskariniese reseptore.