TAMMY MAY

Default profile image
----------

BLOG #13

1 May 2021, 12:18 Publicly Viewable
  • Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Beinvloed cAMP, IP3 en DAG 2de boodskappersisteme, Ig deur afname van verskeie ensieme wat belangrik is in omskakeling en hersirkulasie van die membraanfosfoinositiede.

  • Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

0.5-1.5mM

Groter as 2Mm is toksies

  • Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Bipolere steurnis

  • Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

fluoksetien verhoog litium vlakke en kan lei tot toksisiteit

bikarbonaat en teofillien verhoog litium uitskeiding wat dus effektiwiteit verlaag.

Karbamasepien en fenitoien in kombinasie met litium is neurotoksies

  • Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

Tremore, ataksie, sedasie

Nefrogene diabetes insipidus

Tiroiedvergroting

Edeem

Leukositose

Polidipsie, poliurie, nokturie

  • Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Litium word geassosieer met 'n verhoogde voorkoms van aangebore kardiovaskulêre afwykings. Litium word in hoë konsentrasies in die borsmelk uitgeskei en borsvoeding word dus nie aanbeveel nie.

  • Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

Bipolere steurnis in kinders

Gemoedstabiliseerder

Depressie

skisofrenie

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel

Die pasient se simptome van moegheid,droe mond en bewerigheid kan toegeskryf word aan die newe effekte van die diuretikums wat sy gebruik om gewig te verloor. Toename in gewig is as gevolg van die litium. Die diuretikum verhoog ook die plasma vlakke van litium wat kan lei tot toksisiteit dus moet dit gestop word.