JOHAN JOOSTE

Default profile image
----------

Blog #14

28 May 2021, 20:57 Publicly Viewable

Berei ʼn kort “lesing” voor, van nie langer as 5 minute (200 woorde) nie, waarin jy vir ʼn kliënt moet verduidelik wat pyn is, wat dit kan veroorsaak, hoekom verskillende mense pyn verskillend ervaar en wat algemeen belangrike beginsels van pynhantering en verwysing behels. Die bogenoemde twee video’s sal ook van hulp wees.

Pyn is ʼn onaangename sensoriese en emosionele ervaring wat met of sonder weefselskade of die moontlikheid daarvoor gaan. Skerp, brand, flou of juk ervaringe is almal tipes pyn. Pyn is natuurlik akuut of chronies – langer as 3 maande.

Pyn kan soms ervaar word deur spesifieke senuweeselle genoem nosiseptor wat vuur op reaksie van weefselskade. Die mate waarin dit vuur bepaal die graag van pyn ervaar. Pyn kan als beïnvloed word deur geheue, emosionele status, geloof oor pyn, sosiale ondersteuning en verwagtinge van pyn. 

Sommige mense kan afgelei word van take deur pyn, waar ander mense beter presteer terwyl hulle pyn ervaar. Pyn hantering word bepaal deur die individu self se ervaring van pyn, soms gemeet met ʼn skaal van 1 tot 10. Soos ʼn vingerafdruk, is elke individu se liggaamstelsels uniek. Salience of opvallendheid sentrum, endorfiene en enkefalon afskeiding tydens pyn ervaar, grys stof en wit stof verskil van individu tot individu.

Behandeling behels middels om die pyn te blok of verminder en metodes om die pyn te verminder en te bestuur. Die tipe middels tans beskikbaar is middels wat pyn in die perifere senuwee blok of in die sentrale senuweestelsel blok, middels wat met coping help sowel middels wat endorfiene afskei. Metodes of tegnieke van pyn beheer behels, afleiding, ontspanning, meditasie, yoga en kognitiewe terapie.