SONICA PIENAAR

Default profile image
SONICA PIENAAR

Blog #13

3 Jun 2021, 11:43 Publicly Viewable

Jy word genooi om as spreker by die plaaslike hoërskool voor al die onderwysers en leerlinge op te tree en jou onderwerp is: “Alkohol, wat doen dit regtig aan my liggaam?”.  Fokus veral op die effekte, “aangenaam” sowel as “onaangenaam”, hoeveel glasies is veilig?  Hoe weet ek wanneer ek besig is om ‘n probleem te ontwikkel?  Wat kan ek dan doen?  Hou jou teikengroep (leerlinge) se ouderdom die hele tyd in gedagte!

Die aangename effekte van alkohol is nie veel nie, mens kry ‘n lekker “buzz” gevoel en voel of die aarde onder jou voete draai. Mens vergeet soms goed, wat in sekere gevalle vir mense help wat veral onaangename gebeurtenisse wil vergeet, maar dit kan hulle coping mechanism raak wat kan aanleiding gee tot verslawing en afhanklikheid van alkohol. Daar is ook die effek van sedasie wat soms kan help in mense wat aan insomnia ly. Die onaangename effekte kom wel wanneer die alkohol besig is om uit jou sisteem verwyder te word en kan insluit naarheid en braking, sowel as ‘n erge kopseer. Die langtermyn nagevolge kan wel baie negatief vir jou liggaam wees en kan veral jou lewer aantas, mens kan ook toleransie opbou met alkohol en sodoende al hoe meer begin drink om dieselfde effek te kry.

Vir ‘n vrou is 1 glasie alkohol genoeg, omdat die vrou se liggaamswater minder as ‘n man sin is. Dus kan ‘n man 2 glasies alkohol ‘n dag inneem. Dit is baie belangrik om by die grense te bly, omdat dit altyd so maklik is om al hoe meer te begin drink en sodra toleransie begin intree probeer die mense om al hoe meer te drink om dieselfde effek te kry, dit het dalk nie erge effekte op die korttermyn effekte nie, maar kan ‘n groot impak hê op die langtermyn effekte.  Dus 1 glasie van 75ml wyn is genoeg vir 1 dag, en 1 bier sal voldoende wees vir een dag.

Hoe om te weet wanneer ek ‘n probleem ontwikkel?

  • Wanneer jy baie tyd spandeer om te herstel van die effekte van alkohol na jy gedrink het.
  • Wanneer jy nie kan ophou om alkohol te drink nie, alhoewel daar ‘n begeerte is om op te hou.
  • Cravings is verskriklik erg om alkohol te drink.
  • Wanneer jy tolerensie ontwikkel het en dus meer moet drink om dieselfde effekte te kry.
  • Wanneer ontrekkingsindroom voorkom as die alkohol gestaak word.
  • Wanneer jy alkohol gebruik in gevaarlike situasies soos wanneer jy bestuur.

Wat kan ek doen?

Dit sal ideaal wees om ‘n profesionele persoon te besoek wat jou kan help en raad kan voorsien om hoe vorentoe te gaan. Jy kan ‘n detoks mediese fasilitiet besoek indien die ontrekking baie erg is. Jy kan verder ‘n rehabiliterings program begin om op te hou drink en na die behandeling kan jy ‘n ondersteuningsgroep besoek, waar mense is wat weet waardeer jy gaan en jou sal kan help.

Dus alkohol het goeie effekte, maar kan vining ‘n verslawende middel word, en dit is nie altyd so maklik om op te hou drink nie en te erken dat jy wel ‘n probleem het nie, dus wanneer jy erken dat jy ‘n probleem het, het jy al die grootste stap geneem en dan weet jy, jy kort dus hulp. Daarom moet alkohol altyd versigtig gebruik word en daar moet by die voorgesette limiete gehou word.