SONICA PIENAAR

Default profile image
SONICA PIENAAR

Blog #14

8 Jun 2021, 16:00 Publicly Viewable

Van hierdie stimulante word ook dikwels deur leerlinge en studente gebruik/misbruik as kognitiewe prestasie bevorderaars.  Doen ‘n soektog op die internet en stel ‘n verslag saam oor die meriete/gevare verbonde aan hierdie praktyk.

Daar kom al hoe meer bewyse dat mense kognitiewe bevorderaars gebruik, dit is veral bekend onder studente van universiteite en kom ook veral voor by volwassenes, meeste van die mense wat dit gebruik het nie ADHD nie. Die middels wat veral gebruik word is Ritalin en Concerta (Metielfenidaat).

Die middels word gebruik met die persepsie onder volwassenes dat dit hulle werk prestasie sal verbeter en onder universiteit studente word dit gebruik om te deur nag, sodat hulle nog kan leer. Maar aangesien meeste van die mense nie ADHD het nie, kan dit ‘n fout wees, omdat die geneesmiddels nie altyd dieselfde effek het op mense wat nie aan ADHD ly nie. Die geneesmiddels het gewoonlik ‘n kalmerende effek op die persoon wat ADHD het, maar kan die teenoorgestelde effek hê op mense wat nie ADHD het nie. Dit kan ook veroorsaak dat dit die vlakke van energie in mense sonder ADHD verhoog. Dit kan ook verhoogde respirasie en verandering in bloeddruk en hartklop veroorsaak. Die newe-effekte kan naarheid en braking wees, insomnia, hoofpyn, verlaagde eetlus en droë mond veroorsaak.

Daarom is dit beter om eerder ‘n goeie beplanning voor te berei, sodat jy die werk kan voltooi betyds. Dit word nie as prakties eties beskou as die geneesmiddels gebruik word as die persoon nie met ADHD gediagnoseer is nie. Die effekte van die geneesmiddels kan oor ‘n langtydperk ‘n negatiewe effek op die persoon se kognitiewe denke en prestasie hê.