AMORÉ DU PREEZ

Default profile image
----------

L. du Preez (27143236)

10 Jun 2021, 16:21 Publicly Viewable

Blog #13 (12.2)

Jy word genooi om as spreker by die plaaslike hoërskool voor al die onderwysers en leerlinge op te tree en jou onderwerp is: “Alkohol, wat doen dit regtig aan my liggaam?”.  Fokus veral op die effekte, “aangenaam” sowel as “onaangenaam”, hoeveel glasies is veilig?  Hoe weet ek wanneer ek besig is om ‘n probleem te ontwikkel?  Wat kan ek dan doen?  Hou jou teikengroep (leerlinge) se ouderdom die hele tyd in gedagte!

Wat doen Alkohol werklik aan my liggaam?

Alkohol word glad nie deur die liggaam verteer nie. Alkohol word in jou bloedstroom opgeneem en affekteer eers jou brein, dan you niere, lewer en longe. Later sal alcohol jou hele lyf affekteer.

Oor die lang termyn kan alkohol ‘n klomp goed veroorsaak in jou liggaam bv:

  • jou brein verklein
  • gedragsveranderinge veroorsaak
  • hallusinasies
  • afhanklikheid
  • versteerde spraak veroorsaak
  • lewer skade
  • kanker
  • hartskade
  • onvrugbaarheid
  • diabeter komplikasies
  • spierkrampte

 (Pietrangelo, 2018).

Daar is baie onaangename effekte wat ‘n persoon kan ervaar na oormatige inname van alkohol bv, versteerde spraak, braking, hoofpyne, sukkel om balaans te behou en soms kan ‘n persoon ook sukkel met asemhaling.

Alkohol het aangename effekte ook in jou liggaam.

  • Wanneer ‘n persoon drink aktiveer die “reward”sisteem in jou brein, wat dopamine vrystel, dopamine produseer positiewe emosies wat jou as persoon kan laat goed voel.
  • Alkohol kan ook goed wees vir jou “wellbeing”, omdat alcohol help om jou sosiale interaksies met vriende te bevoordeel, veral indien jy bietjie van ‘n introvert is. (R. I. M. Dunbar, 2016)
  • Alkohol kan ‘n persoon se risiko vir hartsiektes verminder, indien alkohol matige geneem word. (Anon., 2019).
  • Rooiwyn is goed vir ‘n mens (maar steeds net matige inname)
    • Dit kan jou hart beskerm
    • Inflammasie voorkom
    • Kan jou geheue versterk
    • Kan ook jou gemoed verbeter. (SASSOS, 2015).

Hoeveel glasies is veilig?

Daar word aanbeveel dat ‘n vrou 1 glas per dag drink en ‘n man 2 glasse. So ‘n glassie saam ete of voor die kaggeltjie sal nie skade maak nie.

Wanneer ontwikkel jy ‘n problem?

Wanneer die persoon meer drink as wat hy/sy beplan het om te drink. Dat as die persoon al meer as een keer probeer het om ophou te drink, maar voor hul, hulself kan keer het hul alreeds gedrink. As die persoon die heeltyd aan alkohol drink, en aan niks anders kan drink nie omdat die begeerte vir alcohol sy denke oorheers of indien die persoon baie drink en op die ouende siek en ‘n babelas het. (Anon., 2019).

Wat kan jy doen?

Indien jy as persoon self agter gekom het dat jy dit moeilik vind om ophou te drink, gaan sien ‘n dokter. Hulle sal jou advise kan gee en in bevoegde hande verplaas wat jou sal kan lei en ondersteun of jou verwys na ‘n ondersteunings groep of selfs vir jou medikasie gee wat die ontrekkings simptome kan onderdruk. (Anon., 2019)

Bibliography

Anon., 2019. Alcohol use: Weighing risks and benefits, s.l.: MAYO CLINIC.

Anon., 2019. Do I Have an Alcohol Problem?, s.l.: WebMD Medical .

Pietrangelo, A., 2018. The Effects of Alcohol on Your Body, s.l.: Healthline.

R. I. M. Dunbar, J. L. R. W. C. R. E. P. J. C. &. P. M., 2016. Functional Benefits of (Modest) Alcohol Consumption, s.l.: University of OXFORD.

SASSOS, J. L. &. S., 2015. Is Red Wine Good for You? A Nutritionist Weighs In on the Potential Health Benefits, Cape Town: Good Housekeeping Institute.