JOHAN JOOSTE

Default profile image
----------

Blog #14

21 Jun 2021, 14:05 Publicly Viewable

Van hierdie stimulante word ook dikwels deur leerlinge en studente gebruik/misbruik as kognitiewe prestasie bevorderaars.  Doen ʼn soektog op die internet en stel ʼn verslag saam oor die meriete & gevare verbonde aan hierdie praktyk.

ADHD kan induseer word of effektief hanteer word met die inname van hierdie stimulante. Daarmee kan vasgestel word of die medikasie nodig is vir behandeling sowel die veranderinge waarneem voor en na inname van die stimulante.

Uiteindelik met induksie van ADHD tydens inname van die stimulant - hiperaktiwiteit, impulsiwiteit of die kombinasie daarvan - is dit voor die hand liggend dat die medikasie glad nie gewenste effekte lewer nie en nadelig is.

Omrede hierdie medikasie ʼn stoor lediger is van DA en NA neurale oordragstowwe, kan die persoon die verhoogde konsentrasie en fokus vir 2 tot 3 dae volhou waarna die persoon ‘crash’, omrede die store uitgeput is en nie volledig herstel is nie. Die persoon kan dan ervaar dat daar bykans gee breinaktiwiteit moontlik is en die persoon herstel nodig het.

Met behoeftige pasiënte kan die herstel van homeostase met die gelyktydige inname van stimulant die persoon verslawend of psigies afhanklik maak daaraan. Onttrekking van die medikasie kan dan heel moontlik die kognitiewe vermoë, veral nodig tydens studies, inperk. Al hierdie faktore het op sig self hul eie meriete en gevare wat dit inhou vir die pasiënt en moet deeglik of aktief gekontroleer word om sodoende die gewenste effek te bereik en te onderhou.

Daar is wel meriete daarin verbonde om ʼn GM-vakansie te neem om sodoende toleransie en afhanklikheid/ verslawing in te perk/ voorkom.