Blog#13 LE 11.1
Pyn kan op baie manière vir verskillende mense gedefineer word, meeste mense ervaar pyn as ‘n onaangename ervaring maar pyn kan baie dieper beweeg en word kan geklasifiseer word as sensories of emosioneel. Pyn word geassosieer met weefselskade wat al klaar bestaan of wat as gevolg kan wees. Pyn kan beskryf word as akuut of chronies afhangende van die duur van die pyn. Daar is twee bane van pyn.
Mense ervaar pyn verskillend omdat elke induvidie se reseptore versikkelnde sensiteit het, mense se sensitiwieteit verskil op grond van vorige ervaringe van pyn, tipe geneesmiddels wat gebruik is en of dit misbruik was en dan ‘n persoon se emosionele toestand kan ook ‘n rol speel in die ervaring van pyn.
Tipes medikasie wat gebruik word volg die WHO se stappe, dus begin mens as iemand matige pyn ervaar op nie-opioiede en dan soos pyn erger word skuif mens oor na opioiede. By erge pyn sal morfien voorgeskryf word terwyl by matige pyn sal mens eerder kodiene voorskryf.