CASPER CORDIER

Default profile image
CASPER CORDIER

Blog#14

24 Jun 2021, 21:47 Publicly Viewable

Blog#14 LE 13.2

Stimulante word vir mense met ADHD voorgeskryf en dus kan nie enige persoon dit net egbruik nie omdat daar belangrike aspekte is wat in ag geneem moet word. Mense wat die medikasie gebruik en misbruik ken nie altyd van die kontra-indikasie wat gepaard gaan met die medikasie nie. Mense met hipertensie, epilepsie, alkoholmisbruik en geskiedenis van middelmisbruk kan nie net stimulante gebruik nie omdat dit gevaar vir die mense kan inhou. Onder normale omstandighede moet pasiënte gemonitor word om te verseker newe-effekte of self misbruik voorkom kan word.

Newe-effekte wat gesien kan word met die misbruik van die medikasies is as volg:

  • Hoofpyn
  • Duisligheid
  • Sedasie
  • Tagikardie
  • Palpitasie
  • Arritmiee
  • Droeë mond

As die middels misbruik word en oordosering vind plaas kan die volgende effekte gesien word:

  • Psigose
  • Konvulsies
  • Kardiovaskulêre effekte

Onder studente het dit al opgeduik dat baie studente vir mekaar die middels gee en dus kan die gevaar  inhou, nie almal het dieselde dosis nodig nie en dus kan studente of maklik oordoseer of geen effek kry nie en dus meer as een dosis ‘n dag inneem wat dan ook kan lei tot oordoseing. Baie studente gebruik ook net die middels wanneer hulle toetse skryf en wanneer die toetse verby is skaak hulle die gebruik en dus kan hulle ontrekkingssimptome ervaar en dus hulle negatief affekteer.

Dus is daar baie gevare betrokke omdat mense van die kapsules oopsny en dus dan dit snuif wat die euforsie effekte kan gee en dus word dit nie reg gebruik nie en kan newe-effekte baie erger wees.