In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog? Wat is die implikasies hiervan?
Hipertensie, hartversaking. Hoë angiotensien vlakke kan kardiale en vaskulêre hipertrofie veroorsaak, sowel as vasokonstriksie, verhoogde bloedvolume en renale natrium en vloeistof terughouding
Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?
AT reseptore word selektief geblok terwyl AOE-remmers se effek van hoër bradikinien konsentrasie die droë hoes veroorsaak.
Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?
AOE-remmers verlaag vaskulêre weerstand, maar keer ook die afbraak van bradikinien onder andere. Hierdie bradikinien is dan vry om ook sy bloeddrukverlagende effekte te hê. Dus werk AOE-remmers op twee maniere.
Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels? Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?
Hulle werk op AT1 reseptore. Indirek het hulle ‘n effek op AT2 reseptore omdat die vlakke van AT II hoër is omdat hulle nie kan bind op AT1 reseptore nie.
Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene? Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking? Verduidelik.
Kiniene veroorsaak vasodilatasie van arterieë en vene. Ja, ander outakoïede speel ook ‘n rol as tweede boodskapper soos NO & PGI wat vrygestel word na aktivering deur bradikinien.
Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?
Bradikinien 2 reseptor
Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?
Natriuretiese peptiede is baie voordelik in die behandeling van hipertensie en hartversaking omdat dit perifere weerstand en sodoende hartuitwerp kan verlaag. Dit gebeur deur vasodilatoriese effek sowel as die diuretiese effek wat bloedvolume verlaag.
Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.
Neprilisien is verantwoordelik vir die afbraak van ANP & BNP. Deur sy aktiwiteit te inhibeer word die effekte van ANP & BNP verleng wat vasodilatasie tot gevolg het en ook ander meganismes om hartuitwerp en perifere weerstand te verlaag. Sodoende word spanning op die versakende hart verlig. Hierdie middel is sakubitril wat in kombinasie met valsartan gegee word. Valsartan is ‘n ACE-inhibeerder wat ons in LE 1 behandel het wat artriële dilatasie veroorsaak. Deur hierdie middels saam te gee kombineer dit hulle effekte en is terapie verbeter.
Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore
Vasodilatore: PGI2 & NO
Vasokonstriktore: ET1, ET2, ET3