TILLANA EYSSEN

Default profile image
----------

Leergedeelte 2.7a

15 Oct 2021, 14:22 Publicly Viewable

Hoe werk kolgisien by die behandeling van jigartritis?

Kolgisien is ‘n selektiewe inhibeerder van mikro tubuli en spoelvorming in makrofage en leukosiete – minder inflammasie. Dit inhibeer ook chemotakse. Dit speel rol in die metabolisme van leukosiete, dus verminder melksuurvorming en word die pH verhoog.

Wat is kolgisien se indikasies, newe-effekte en dosis?  Maak veral seker dat jy presies weet hoe kolgisien tydens 'n akute jigaanval gebruik moet word.

Indikasies: Akute jig, Hepatiese sirrose, Dermatitis herpetiformis, Pseudogout

Newe-effekte: diarree, naarheid, maagpyn, maagbloeding, lewerskade, nierskade, Beenmurgonderdrukking, Perifere neuritis, Alopesie

Dosis: 0.5 – 1 mg oraal

Tydens akute jigaanval: 0.5 – 1 mg dadelik, gevolg deur 0.5 mg elke 6 ure tot pynverligting of gastriese ongemak ontwikkel. Maksimum dosis van 2.5 mg in eerste 24 uur. Daar mag nie meer as 6mg oor 4 dae gebruik word nie. Die kursus mag ook nie binne 3 dae herhaal nie.

Watter ander middels kan by die behandeling van 'n akute jigaanval gebruik word?

NSAIM’s soos indometasien, diklofenak en naproksen. Glukokortikoiede soos prednisoon en betametasoon.

As wat word probenesied geklassifiseer?  Hoe werk hierdie groep middels?

Urikosiries. Hierdie middel kompeteer met uriensuur vir herabsorpsie by swaksuur transport meganisme in die proksimale tubuli in die nier. By lae konsentrasies kompeteer dit ook met uriensuur vir sekresie uit tubuli en word die uriensuur konsentrasie aanvanklik verhoog.

Hoe werk allopurinol, wat is sy indikasies, voorsorgmaatreels en belangrike interaksies?

Dit verminder die omskakeling van xantien na uriensuur, en so verminder die produksie van uriensuur. Allopurinol verhoog die konsentrasie xantien en hipoxantien, wat beide meer water oplosbaar is as uriensuur. Die voorlopers word dus maklik uitgeskei en uriensuur konsentrasie word verlaag

Indikasies: kroniese jig

Voorsorg: neem net soos dokter voorskryf en moenie dosis oorskry nie – newe effekte kan vermeerder.

Interaksies: vermy tydens akute jigaanval, benazepril, captopril, enalapril.