TILLANA EYSSEN

Default profile image
----------

Leergedeelte 2.7b

15 Oct 2021, 14:54 Publicly Viewable

 

Watter vaskulêre veranderinge kan voor en tydens migraine waargeneem word?

Toename in bloedvloei agv ontsteking en swelling van bloedvate - wat dan die kloppende pyn veroorsaak.

Wat is die rol van serotonien in migrainehoofpyne?

Dit is die neurotransmitter tussen senuweeselle. Dit kan veroorsaak dat bloedvate vernou. Wanneer serotonien vlakke verander, is die resultaat ‘n migraine.

Hoe word ergotamien tydens 'n migraine aanval gebruik?

As eerste tekens van migraine begin – neem dadelik. Neem elke halfuur een tablet soos nodig maar moenie meer as drie tablette per dag neem nie.

Watter newe-effekte word met ergotamiengebruik ondervind?  Watter kontraïndikasies bestaan daar vir ergotamiengebruik?

Newe-effekte: Naarheid en braking, Diarree, Hallusinasies en verwarring, Gangreen, Retroperitoneale fibrose, Tagikardie/bradikardie, angina pyn, Terugslaghoofpyn met gereelde gebruik

KI: Koronêre-, serebrale- en perifere vaskulêre siektes, Ongekontroleerde hipertensie, Hepatiese en renale inkorting, Swangerskap, Kombinasie met triptane.

Watter ander middels kan by 'n akute migraineaanval gebruik word?  Hoe werk al hierdie middels?

Analgetika: cox-inhibeerders, dus minder prostaglandiene

Anti-emtika: verlig naarheid en braking omdat werk in die CESA

Noem die middels wat as migraine-profilakse gebruik kan word, asook hul spesifieke newe-effekte en voorsorgmaatreëls.

Propranolol – bradikardie, lomerigheid, depressie. Nie neem tydens asma, hartversaking, swangerskap, depressive, tipe 1 diabetes.

Natriumvalproaat – moegheid, verhoogde aptyt, gewigstoename. Nie neem tydens lewersiekte en swangerskap.

Flunarisien – lomerig, depressive, gewigstoename. Nie neem tydens parkinson’s.

Amitriptilien – droee mond, lomerig, gewigstoename. Neem in aand voor slaap.

Pisotifen – sedasie, verhoogde aptyt, gewigstoename. Nie neem tydens nouhoek gloukoom en prostaathipertofie.