Hi my name is Lèhandri Oelofsen. Blogging is a first for me so please bear with me. I live in Uitenhage in the Eastern Cape and is a distant student. I love to work with smaller children, because they are inquisitive and it is amazing to see them learn and grow. Actually I have more than one passion, one is to become a good teacher and then I love the farm life. I am farming with pigs I am really excited to learn about LSKM this semester as all children loves music and like to move. At the end of this semester I hope that I will be able to present a good music lesson and to incorporate music in an class enviroment.
Goeie dag mede Bloggers!
Sjoe wat 'n besige tyd wat ons agter die rug het. Maar die einde is in sig!
Waar begin ek? Persoonlik het ek hierdie module geniet en vreeslik baie geleer. In die begin was "blogging" iets nuut en het ek nogal bietjie bang gevoel. Ek dink nog steeds nie ek het dit onder die knie nie. Alhoewel dit 'n heel prettige ondervinding was het nog heelwat om te leer.
Ek het hierdie semester geleer dat musiek 'n integrale deel vorm van ons dag tot dag bestaan, hetsy in die klas of in jou persoonlike omgewing en het weereens besef dat 'n liefde vir musiek gekweek word terwyl jy nog jonk is. Aangesien die kurrikulum vandag nie veel voorsiening maak vir die onderrig van musiek nie maar eerder vir liggaamlike oefening, voel ek tog ons kan musiek op verskeie maniere in die klas inbring. Daarom sal ek regtig moeite doen om eendag musiek in my lesplanne in te bring. Ek het dit geniet om die verskillende take te doen en so geleer dat kinders baie makliker leer deur speletjies en hoe hul dit geniet. Verskillende musiek intrumente wat geidentifiseer is (sommiges waarvan ek voorheen nie van geweet het nie) . Baie belangrik was om te leer hoe musiek 'n rol in die holistiese ontwikkeling van kinders speel en die aktiwiteite wat ons kan onderrig om dit te bevorder.
Ek is nog skrikkerig om musiek aan te bied in 'n multikultureule klas. Maar werk sterk daaraan.
My opinie van hierdie module is dat dit regtig elke faset dek en dit is baie goed aangebied. Daar is nie iets wat ek sou verander nie. Die inligting en bronnes is baie volledig en so uiteengesit dat ons dit kan verstaan.
Baie dankie aan Prof Rina vir al die hulp en ondersteuning en dat u altyd geduldig ons vrae antwoord.
Sterkte mede bloggers vir die laaste trek!