Sistiese fibrose is genetiese metaboliese siekte (ÔDNase 1) wat lei tot verlaagde sekresies in verskeie organe. Ergste simptome sigbaar in lugweë. Mukus is dik en taai en lei tot herhaaldelike bakteriële infeksies. Liggaam nie vermoë om mukus op te ruim.
Dornase-alfa (rhDNase) inhalasies hidroliseer proteïene in brongiale mukus om vloeibaarheid te verbeter.Baie nuwe en duur behandeling.
Ook bekend as hialienmembraan siekte. Kom by premature babas voor. Oppervlakaktiewe stof wat lugweë bedek en noodsaaklik is vir gaswisseling, word eers kort voor geboorte gevorm. Longe kan dus platval-(atelektasis) → dood. Intensiewe monitering van respiratoriese en sirkulatoriese status noodsaaklik.
Behandeling behels:
Suurstof (by kamertemperatuur met lug vermeng) word toegedien ten einde oksigenering te verseker. ’n Kontinue positiewe druk (soos met ’n ventilator verkry) verbeter respirasie en hou die alveoli oop om kollabering te verhoed. Dit is van kritiese belang dat die arteriële parsiële suurstofdruk voortdurend gemonitor word.
Voldoende suurstof is ’n basiese vereiste vir normale respirasie. Terapeuties word dit algemeen toegedien om hipoksie (vanweë verskeie oorsake) om te keer of te verhoed. Wanneer verhoogde suurstof in oormatige hoeveelhede en/of oor ’n te lang tydperk geïnhaleer word, het dit egter toksiese effekte. Paradoksaal veroorsaak suurstoftoksisiteit onder andere verminderde gaswisseling, hipoksie en, in uiterste gevalle, die dood. By neonate kan dit verder retinale skade en blindheid veroorsaak.
By pasgebore en premature babas. Asemhalingsentrum in brein nog nie volledig ontwikkel om voordurende asemhaling te stimuleer nie. Apnee met bradikardie duur langer as 15 sekondes en kom herhaaldelik voor. Kan lei tot hipoksie en neurale skade.
Behandeling behels:
• Metielxantiene bv. Kaffeïen, teofillien IV vir enkele weke. Dit stimuleer SSS. Suurstofterapie soms aangedui. Suurstofvlakke in bloed voortdurend gemonitor.