C STEENKAMP

Default profile image
C STEENKAMP

Week 4: Deel 3: leereenheid 4

2 Nov 2020, 16:36 Publicly Viewable

Ek gaan gou n bietjie reflekteer oor wat ek die week geleer het!!!

Eerstens het hulle my opinie gevra rondom die waarde van musiek en kuns as deel van onderrig strategie. Ek dink die integrasie is 'n goeie ding, want dit is 'n manier om leerders aan te moedig om te wys wat hulle deur art geleer het. Met kuns moet ons leerders betrek om te teken wat hulle geleer het nie wat hulle in die boek sê nie. Daar kan kinders in jou klas wees wat lief is vir die praktiese manier van leer en ons moet hulle in gedagte hou wanneer die skep van aktiwiteite. Ons kan sien deur die integrasie van kuns in die klaskamer die kinders is meer gemotiveerd om te werk en hou daarvan om te deel hulle werk met hul vriende. So ek stem dat dit van belang is om musiek en kuns deel van ons onderrig te maak.

Die volgende is goed wat jy kan doen deur die loop van die dag wat musiek insluit: Speel musiek met bewegings op daar is sulke oulike goed op youtube, speel liedjies wat hulle saam kan sing oor goed wat belangrik is om te weet soos Covid met was jou hande. Klap ritmes met die kinders, gee hulle n kans om self een te klap en hulle maats moet volg of speel speletjies soos Simon says. Dit is belangrik om n rustige atmosfeer te skep en dit kan jy ook doen deur musiek te speel terwyl hulle werk.

"wees 'n stem in die stilte"