ANNECKE BOTHA

Default profile image
----------

#BLOG 7

16 Mar 2021, 23:24 Publicly Viewable
  1. Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Fenobarbitoon, Karbamasepien, Fenotoien, Okskarbasepien en Topiramaat. Die rede hoekom hierdie middels nie saam met die Pil gedrink moet word nie, is omdat dit die effektiwiteit van die Pil verminder.

Valproaat, Lamotrigine, Gabapentin en Leviterasetam. Die rede dat hierdie middels veilig is om saam met die Pil te drink, is omdat dit nie inmeng met die pil se metabolisme nie.

  1. Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

Daar is individuele variasie t.o.v. absorpsie en metabolisme van die middels.

  • Neonate: baie stadiger metabolisme en opruiming.
  • Babas en kinders: Metabolismes is vinniger as by volwassenes. Daarom kan dosisse verhoog word
  • Bejaardes: Lewer en nier funksie vind nie meer optimaal plaasvind nie en lui dus tot stadige metabolisme en ensiem aktiwiteit wat dan veroorsaak dat daar laer dosisse toegedien moet word.

  1. In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
  • By bejaarde pasiente
  • Indien die geneesmiddel nie effektief is nie.
  • Om te kyk vir enige newe-effekte.
  • By neonate indien nodig.
  • By moontlike geneesmiddelinteraksies
  • Lewersiektes
  • Valporaat met die gebruik van fenitoïen, fenobarbitoon en lamotrogien
  • Tydens swangerskap
  • Chroniese nierversaking
  • Hipoalbumienemie
  • Verplasende geneesmiddels
  • HIV-pasiënte