Anterograadse geheuverlies/amnesia verwys na die onvermoe om nuwe herhinneringe te vorm. Triasolasm, lorasepam en midasolam kan dit veroorsaak.
Effekte van die sedatief-hipnotiese middels op normale slaappatrone en waarom dit belangrik is
Dit verkort die tyd geneem om aan die slaap te raak, dit verkort REM slaap, die verleng NREM slaap, dit verkort fasse 4NREM slaap en dit verleng die totale duur van slaap. Dit kan by dra tot beter nagrus in pasiente wat lei aan insomnia deur die gehalte en hoeveelheid slaap te verhoog, sowel as om makliker aan die slaap te raak.
Thiopental, medasolam, diasepam en lorasepam word dikwels aanvullend gebruik vir narkose, omdat hulle goeie vermoe om oor die bloedbreinskans te beweeg vanwee hulle lipofiele aard, hulle in staat stel om vinnig en effektief in werking te tree na intraveneuse toediening, waar bensodiasepiene ook lang halfleeftye het wat aktiewe metaboliete vorm met 'n stadige inisiasie van werking wat lang werking gee en ideaal maak vir narkose, vanwee dit nie konstant toegedien en gemonitor word nie.
Diasepam, lorasepam, klonasepam, klobasepam, fenobarbitoon en nitrosepam word gebruik as antikonvulsante.
Die meganisme van aksie van die spierverslappende effekte van party karbamate in bensodiaspiene is as volg-
Polisinaptiese refklese en transmissie word inhibeer, wat die oordrag by die neuromuskulere koppeling sal onderdruk, teen hoe genoeg dosisse.
Die effekte van die sedatiewe-hipnotiese middels op die respiratoriese en kardiovaskulere sisteem is as volg-
Asemhalingsonderdrukking kom voor in ALLE pasiente, maar kan gevaarlik wees en lei tot dood en koma in pasiente wat reeds ingeperkte longfunksie het of 'n middel ingesteer het wat die effek van die bensodiaspiene aanhelp, naboots, of sinergisties versterk. Die effek word waargeneem as gevvolg van die onderdrukking in die medulla oblangatiese respiratoriese beheersentrum.
Op die kardiovaskulere stelsel sal 'n merkwaardige oordosis lei tot kardiovaskulere onderdrukking of selfs stilstand in pasiente met ander risikofaktore. Dit word toegeskryf aan die aksie in die medulla-oblangatiese vasomotoriese beheersentrum wat die spiertonus van die miokardiale gladdespier beheer, sowel as die perifere effek van die kontraktiliteit wat verlore gaan as gevolg van hierdie aksie. Hartstilstand is noodlottig en moet in geval van vermoedelike oordosis so gou as moontlik behandel word.