Indien jy alkohol kronies gebruik veroorsaak dit dat die gemengde funksie oksidasie metabolisme aktiwiteit verhoog word. Jy bou dus ‘n toleransie op aangesien die metabolisme van alkohol vinniger plaasvind en jy meer alkohol benodig om ‘n SSS effek te bewerkstellig.
Alkohol potensieer die GABA kompleks reseptor, dus met ‘n verhoogde alkohol inname word die SSS meer gestimuleer. Reseptor subsensitiwiteit vind egter plaas weens afregulering van die reseptors, spesifiek GABAA reseptor.
Chronies inname van alkohol veroorsaak dat die hepatiese selle verhard. Dit lei tot die progressiewe verlaging in lewerfunksie wat heoatitis en sirrose kan veroorsaak.
Chroniese alkoholgebruik veroorsaak dat daar ‘n onderdrukking in glukoneogenese is wat aanleiding tot hipoglukemie en vetakkumulasie gee. Nutriëntgebreke draai by hiertoe.
Daar is ook ‘n verhoogde aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme.
Perifere neuropatie is waar ‘n tiamiengebrek (vit. B1 gebrek) ontstaan. Dit lei tot Wernicke-Korsakoff sindroom. Ataksie, verwarring en paralise van gesigspiere is simptome wat ervaar word.
Dit kan behandel word deur die inname van parenterale tiamien om permanente breinskade te voorkom, maar dit is nie altyd omkeerbaar nie.
Dit is waar die ma tydens haar swangerskap alkohol chronies gebruik het. Dit lei tot teratogeniese effekte naamlik verstandelike vertraging, groeigebreke, mikrokefalie, karakteristieke onderontwikkeling van die middelste gesigarea (laasgenoemde a.g.v. die misbruik van alkohol in die 1ste trimester).
Chroniese etanol gebruik verhoog die metaboliese transformasie van ander geneesmiddels.
Akute alkohol gebruik veroorsaak die verlaging in metabolisme van middels bv. Fenotiasien, TAD’e en ander sedatief-hipnotika middels.
Aspirien se effekte (antiplaaitjiekleefbaarheidseffekte), vasodilatoriese middels, fenotiasiene, TAD’e (trisikliese antidepressante), sedatief hipnotika middels, parasetamol (induseer Cup 2E1)