Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Fenobarbitoon, Fenitoïen, Karbamasepien, Okskarbasepien en Topiramaat. Die geneesmiddels is almal ensieminduseerders en veroorsaak dat die Pil vinniger gemetaboliseer word en die effektiwiteit dan ook minder is.
Veiliger anti-epileptiese middels wat saam die Pil gebruik kan word sluit in Gabapentien, Vigabatrin, Valproata, Lamotrigin en Leviterasetam. Hierdie geneesmiddels meng nie in met die Pil se metabolsime nie.
Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
Neonate ondergaan stadiger metabolisme en moet dus lae dosisse ontvang omdat hulle vinnig toksiese vlakke kan bereik as dit nie korrek beheer word nie.
Baba's en kinders se metabolisme is vinniger as die van volwassenes en hoër dosisse moet gegee word om 'n terapeutiese effek te hê en effektief te wees.
Bejaardes het 'n stadige metabolisme en moet laer dosisse ontvang om toksisiteit te voorkom.
In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
Tydens die gebruik van:
- Ensiem inhibeerders
- Ensiem induseerders
- Polifarmasie
- Karbamasepien/Okskarbasepien in kombinasie met MAOI's