Daar is vandag baie plantaardige en natuurlike produkte wat kan help met verskeie siektes en probleme bv die vogende middels help teen angs en insomnia. Wanneer ons natuurlike produkte gerbuik is daar minder newe-effekte op die liggaam.
Valerian – die middel word gebruik wanneer die pasient sukkel om te slaap, dus gee die middel sederende effekte dit kan dan dus ook aan die pasient gegee word wanneer hulle angs en spanning het. Die Valeriaan het dus ‘n effek op die GABA, adenosien en seretonien neurotransmitters.
Chamomile – die middel word gebruik by die behandeling van hooikoors, spierstyfheid en spasmas, slapeloosheid, maagsere, wonde, aambeie en ontsteking. Hierdie middel het dus ‘n bree spektrum van werking.
Lavender – die middel is baie bekend, dit is ‘n krui waar die olie gebruik word vir angs, spanning en slaapeloosheid. Die lavender antagoneer NMDA-reseptore en serotonien transporters.