LEONE WILKENS

Default profile image
----------

Blog #5

9 Apr 2021, 13:32 Publicly Viewable
  1. Alkohol ondergaan vinnige absorpsie & verspreiding agv lipofiliteit van die molekule, agv dit kan die molekule ook oor die bloedbreinskans beweeg. Wannner ‘n persoon in ‘n vastende toestand alkohol inneem, word piekvlakke in die bloed binne 30min bereik. Die volume van distribusie is gelyk aan die totale liggaamswater, daarom sal die piek in vrouens hoer wees as in mans omdat die liggaamswater minder is as in mans. Mans het ook in die svk meer dehidrogenase ensieme. Metabolisme: 90% lewer, res: longe en uriene. Volwassenes metaboliseer 7-10 g/h (1g/h vir elke 10kg liggaamsmassa).

  1. Twee ensiem sisteme:

Alkoholdehidrogenase: (Primêr verantwoordelik)

  • Lae en matige hoeveelhede
  • Beperkte hoev. NAD (ko-ensiem): 
  • zero-orde kinetika, (7 – 10 g/h)
  • Ongeag die hoeveelheid ingeneem bly die tempo van afbraak konstant.

MEOS = Mikrosomale etanol oksidasie (Gemengde funksie oksidasie sisteem)

  • Hoër konsentrasies (>100mg/dL)
  • MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik en kan geinduseer word. Dit is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie.
  • Eindproduk = Asetaldehied

  1. Middels wat die ensiem inhibeer is:
  • Disulfiram
  • Metronidasool
  • Hipoglisemiese GM’s
  • Kefalosporiene

Hierdie middels onderdruk aldehied dehidrogenase, dit veroorsaak dan dat asetaldehied ophoop en nie gemetaboliseer word nie. 

Die opeenhoping van asetaldehied lei tot naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duiseligheid.