1. Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe-effekte?
Alifaties: Chloorpromasien
Piperidien: Perisiasien
Piperasien: Flufenasien
Alifaties en piperidienverbindings:
Hierdie middels het ‘n lae potensie, met min EPS
Hul newe-effekte sluit in erge sedasie, anticholinergiese effekte (hardlywigheid, urine retensie, droë mond, ens), posturale hipotensie en kan moontlik kardiotoksies wees.
Piperasienderivate:
Hoër potensie met meer EPS en hierdie middels se newe-effekte is ook minder as alifatiese en piperidienverbindings.
2. Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Blok primêr mesolimbiese DA2-reseptore, maar kan ook multipotente kompeterende antagoniste wees, en DA-, M-, alfa-, histamien- en serotonienreseptore blok.
3. Hoe verskil die werkingsmeganisme van atipiese middels van die van die tipiese middels?
Die atipiese middels het ‘n hoër affiniteit vir 5-HT reseptore en blokkeer 5-HT2a reseptore of dien as inverse agoniste op 5-HT2a en 5-HT2c meer as vir DA2-reseptore. Tipiese middels blokkeer primêr DA2-reseptore.
4. Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe-effekte?
DA3-reseptore
5. Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Piperasienderivate soos Flufenasien, perfenasien, trifluoperasien en prochloorperasien.
Butirofenone soos haloperidol.
Rede: EPS word veroorsaak deur dopamien wat geblok word of wanneer dopamienstore uitgeput word in die basale ganglia. Die verlies van dopamien boots die idiopatiese patologie van die ekstrapiramidale sisteem na.
6. Agv watter reseptroblokkade het die alifiatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe-effekte?
Cholinergiese-reseptore wat geblok word veroorsaak ‘n hoër insidensie van outonome newe-effekte.