BERNICE KIRSTEN

Default profile image
----------

Blog #11

12 May 2021, 14:10 Publicly Viewable

Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

Fenotiasien-subfamilies Voorbeeld Potensie en newe effekte
Alifatiese syketting Chloorpromasien
  • Lae potensie, min EPS
  • Erge sedasie
  • Sterk anticholinerge effekte
  • Sterk α-litiese effekte (posturale hipotensie)
  • Kardiotoksies
Piperidien syketting Perisiasien
Piperasien syketting Flufenasien
  • Hoë potensie, meer EPS
  • Swakker anticholinergiese newe effekte
  • Swakker α-lities effekte
  • Minder sedasie
  • Minder kardiovaskulêre (KVS) newe effekte

Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

  • Mesolimbiese D2 reseptore

Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

  • Atipiese (nuwe generasie) middels blokkeer 5-HT2A reseptore meer as D2 wat lei tot minder EPS, prolaktieneffekte en tardiewe diskinesie
  • Sterk M1, H1 en α1-blokkerende effekte
  • Risperidoon en paliperidoon verhoog prolaktien en is meer geneig tot EPS

Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

  • Die blokkering van 5-HT2A reseptore

Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

  • Butirofenoonderivate soos Haloperidol 
  • Dit is 'n potente D2 blokker wat 'n hoe voorkoms vir EPS effekte het

A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

  • M1 en α1-blokkade