Imipramien
Trimipramien
Chloorimipramien
Dotiëpien
Butriptilien
Sekondere amiene : Nortriptilien
Desimipramien
Amoksapien (NIE TAD) = tetrasikliese middel
Maprotilien (NIE TAD) = tetrasikliese middels
Lofepramien
Mono-amienoksidase inhibeerders : Tranielsipromien en Moklobemied
SSRI’s – Selektiewe 5-HT heropname remmers : Fluoksetien
Paroksetien
Fluvoksamien
Sertralien
Sitalopram
Esitalopram
SNRI’S – Serotonien en noradrenalien heropname remmers : Venlafaksien en Duloxetien
NARI’S - Selektiewe noradrenalien heropname remmers : Reboksetien
Tetrasikliese en unisikliese anti-depressante : Mianserien
Mirtasepien
Bupropioon
5-HT2 reseptor-moduleerders : Trasodoon en Vortioksetien
Sirkadiese ritmereguleerders : Agomelatien
Newe-effekte :
TAD : Sedasie (H1 reseptor blokkade)
Simpatomimeties: tremore, insomnia (Verlaag die NA heropname)
Anticholinerg: visiesteurnisse, droë mond, konstipasie, urienretensie,verwarring
KVS: ortostatiese hipotensie, disritmieë
Psigoses, presipiteer manie
Konvulsies
SSRI :
Insomnia, tremore, SVK-steurnisse, hoofpyn, ↓ libido, seksuele disfunksie, angs (akuut), EPS (Naalde en spelde/kriewelrigheid/rustelose bene), onttrekkingsindroom.
Die middels kan aptyt verlaag en oorgewig pasiente kan sodoende gewig verloor.
Middels is nie sederend nie – maak nie vaak nie.
Aanvanklik is daar ‘n skielike verhoging in die 5-HT vlakke in die brein wat angs vererger, dit word egter later weer beter.
Veiligheid : TAD – oordosis: Baie gevaarlik
10x daaglikse dosis kan fataal wees
Agitasie, delirium, neuromuskulêre irriteerbaarheid, konvulsies, koma, respiratoriese onderdrukking, sirkulatoriese kollaps, hiperpireksie, disritmieë
Koma, Konvulsies, Kardiotoksisiteit
SSRI : Die middels het ‘n beter newe effek profiel as baie ander middels en is veiliger in akute oordosering en is veilig ten opsigte van oordosering.