Klassifikasie van middels wat as antidepressante gebruik word
|
Klassifikasie |
Geneesmiddel |
1. |
Trisikliese antidepressante (TAD) |
Tersiêre: Amitriptillien, Imipramien, Trimipramien, Chloorimipramien, Dotiëpien, Butriptilien Sekondêre: Notriptilien, Desimipramien, Lofepramien, Amoksapien, Maprotilien |
2. |
Mono-amienoksidase inhibeerders (MAO-i) |
Tranielsipromien Moklobemied |
3. |
Selektiewe serotonien heropname remmers (SSRI’s) |
Fluoksetien, Paroksetien, Fluvoksamien, Sertralien, Sitalopram, Esitalopram |
4. |
Serotonien & noradrenalien heropname remmers (SNRI’s) |
Venlafaksien, Duloxetien |
5. |
Selektiewe noradrenalien heropname remmers (NARI’s) |
Reboksetien |
6. |
Tetrasikliese antidepressante Unisikliese antidepressante |
Mianserien, Mirtasepien Bupropion |
7. |
Serotonien reseptor-moduleerders |
Trasodoon, Vortioksetien |
8. |
Sirkadiese ritmereguleerders |
Agomelatien |
Wat het hierdie middels se werkingsmeganismes in gemeen?
Hierdie middels verhoog serotonien en noradrenalien konsentrasies by sentrale sinapse deur op te tree as heropname remmers, afbraakremmers en blokkade van presinaptiese alfa-2 reseptore.
Hoe lank neem dit vir hierdie middels se werkingsmeganismes om te verskyn?
14 – 21 dae, a.g.v. die tyd wat dit neem vir serotonien om ‘n effek te toon.
Verskil tussen TAD’e en SSRI’s
|
TAD’e |
SSRI’s |
Effektiwiteit |
Benodig op titrasie tot minimum effektiewe dosis |
Kan dadelik begin met volle dosis |
Newe-effekte |
Anit-cholinergiese newe-effekte Toksisiteit: Sedasie, tremore, insomnia, ortostatiese hipotensie, disritmieë, psigose, konvulsies, massatoename, seksuele steurnisse |
Insomnia, EPS, verlaagde libido, seksuele disfunksie, angs (akuut), tremore, SVK-steurnisse, hoofpyn, ontrekkingsindroom |
Veiligheid |
Verhoogde risiko vir oordosering – fetaal.
|
Veiliger in akute oordosering, nie sederend nie, maar kan moontlik gewigsverlies veroorsaak |
Meganisme van werking van mirtasepien:
Mirtasepien is ‘n tetrasikliese, noradrenalien en spesifieke serotonien antidepressant. Dit blok alfa-2 reseptore, 5-HT2A, 5-HT3, H1 en alfa-1 reseptore.
Meganisme van werking van venlafaksien:
Blokkeer beide 5-HT en NA heropname, maar is meer potent vir 5-HT as vir NA.
Meganisme van werking van agomelatien:
Primêre agonis op melatonien (MT-1 en MT-2), antagoneer 5-HT2C en veroorsaak disinhibisie van dopamien en noradrenalien vrystelling. Dus verhoog dit dopamien en noradrenalien-vrystelling.